Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ecuador skop Assange daaroor uit

Julian Assange, stigter van WikiLeaks, het die voorwaardes van sy asiel in die Ecuadoriaanse ambassade in Londen herhaaldelik oortree deur ’n spioenasiering van daar af te bedryf.

So het pres. Lenín Moreno van Ecuador aan The Guardian gesê.

Moreno het Assange se asiel opgeskort en hy is verlede week deur die Britse polisie uit die ambassade verwyder en kan nou uitgelewer word aan Amerika waar hy gesoek word vir die bekendmaking van geheime dokumente.

Assange se verhouding met sy gasheer het skipbreuk gely toe Ecuador beweer het hy het persoonlike inligting oor Moreno uitgelek.

Moreno ontken dit dat hy uit weerwraak opgetree het nadat dokumente oor sy familielede uitgelek het. Hy het gesê hy vind die manier waarop Assange die ambassade gebruik het om hom te bemoei met die demokrasie van ’n ander land betreurenswaardig.

“Ecuador beskou enige poging om ’n land te destabiliseer as afkeurenswaardig omdat ons ’n onafhanklike land is en respek het vir die politiek van elke land,” het Moreno per e-pos aan The Guardian gesê

“Ons kan nie toelaat dat ons huis, die huis waarvan ons die deur (vir Assange) oopgemaak het, gebruik word as ’n sentrum vir spioenasie nie.”

Assange se ondersteuners sê Ecuador het hom op versoek van Amerika verraai, dat die beëindiging van sy asiel onwettig is en dat dit ’n donker dag vir mediavryheid is. – Reuters

Meer oor:  Julian Assange  |  Ecuador  |  Spioenasiediens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.