Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Eerste begrafnis gehou terwyl dodetal in Miami styg
’n Werker stap Dinsdag verby die rommel en puin van die Champlain Towers South-woonstel­gebou in Surfside in Miami, Florida.

Soek-en-reddingspanne het Dinsdag die lyke van nog agt mense uit die puin van ’n ineengestorte gebou in Miami in die Amerikaanse deelstaat Florida gehaal.

Die bevestigde dodetal staan nou op 36, met 109 mense wat nog vermis word en moontlik in die puin van die Champlain Towers South-woonstelgebou kan wees. Die gebou het op 24 Junie ineengestort.

Daniella Levine Cava, burgemeester van die Miami-Dade-streek, het die jongste dodetal op ’n mediakonferensie bekend gemaak.

“Ek vra almal van julle oor die wêreld heen wat hierdie storie volg om al die slagoffers in jul hart en gebede te hou,” sê sy.

Intussen is die eerste begrafnis vir slagoffers van die ramp gehou. Die egpaar Marcus (52) en Ana Guara (42) en hul dogters, Lucia (10) en Emma (4), is as ’n hegte gesin beskryf wat daarvan gehou het om tyd saam deur te bring.

Die soektog na nog slagoffers duur voort, ten spyte daarvan dat die kategorie 1-orkaan Elsa begin nader sluip. Voorspellers sê Surf­side, waar die woonstelgebou geleë is, sal nie so erg getref word nie.

Amptenare is hoopvol dat hulle moontlik oorlewendes sal kan vind, hoewel niemand ná die eerste paar uur van die soektog nog lewend uit die puin gehaal is nie.

Ondersoekers het nog nie vasgestel wat tot die gebou se ineenstorting gelei het nie, maar die fokus is op ’n ingenieursverslag van 2018 waarin daar oor strukturele tekortkominge gewaarsku is. – Reuters

Meer oor:  Woonstelgebou  |  Dodetal  |  Lyke  |  Ineenstorting  |  Miami
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.