Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Eerste SA soldate in Cabo Delgado
Suid-Afrikaanse soldate, vermoedelik lede van die spesiale magte, nadat hulle vandeesweek in ’n Hercules C130-vragvliegtuig van die lugmag in die hawedorp Palma in Cabo Delgado, Mosambiek, aangekom het. Foto: Intel Air & Sea/Twitter

Die Suid-Afrikaanse weermag was Donderdag stil oor die aankoms van ’n groep van sy soldate – vermoedelik lede van die spesiale magte (recces) – in die hawedorp Palma in die geweldgeteisterde provinsie Cabo Delgado in die noorde van Mosambiek.

’n Foto het vandeesweek op Twitter verskyn van Suid-Afrikaanse soldate wat in Palma aankom. Hulle is met hul toerusting in ’n Hercules C130-vragvliegtuig van die lugmag na Mosambiek geneem.

Intel Air & Sea het die foto op Twitter geplaas.

Die weermag het nie gereageer op ’n versoek om kommentaar nie. Dit is egter die gebruik dat die weermag – soos ander weermagte – nooit op troep-ontplooiings kommentaar lewer nie.

Die Suid-Afrikaanse soldate is waarskynlik lid van die snel-ontplooiingsmag van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), wat op versoek van die Mosambiekse regering in Cabo Delgado is om dié land in sy stryd teen die Moslem-militante te help.

Mosambiek het eers verlede week amptelik gevra dat die SAOG ’n ingrypingsmag stuur.

Die snel-ontplooiingsmag, wat aanvanklik volgens ’n ooreenkoms met Mosambiek reeds op 15 Julie daar moes aankom, sal bepaal wat die rol van die ingrypingsbrigade moet wees wat later in Cabo Delgado sal aankom.

Daar sal uiteindelik sowat 3 000 SAOG-soldate in Mosambiek wees.

Die aanvanklike ooreenkoms was dat ’n Suid-Afrikaanse generaal die SAOG-mag sal aanvoer.

Sowat duisend soldate van Rwanda is vroeër reeds in die provinsie ontplooi.

Meer oor:  Suid-Afrikaanse Weermag  |  Mosambiek  |  Cabo Delgado  |  Sa Soldate  |  Twitter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.