Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ek het hoop verloor, sê bombruidegom

“Ek sal nooit weer enige geluk in my lewe sien nie,” sê Mirwais Elmi, die bruidegom op die troue in Afganistan se hoofstad, Kaboel, waar ’n selfmoordbomaanvaller die lewe van 63 mense gekos het.

Isis het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar waarin 180 gaste gewond is, berig Reuters.

“My familie, my bruid, is in skok, hulle kan nie een praat nie. My bruid val aanhoudend flou,” sê Elmi.

“Ek het hoop verloor. Ek het my broer verloor, ek het vriende verloor. Ek het familielede verloor. Ek sal nooit weer geluk in my lewe sien nie.

Mirwais Elmi, die bruidegom op wie se troue ’n selfmoordbomaanvaller van Isis toegeslaan het. Foto: Reuters

Hy het aan die BBC gesê dat hy nie die begrafnisse sal bywoon nie.

“Ek kan nie gaan nie, ek voel baie swak. Ek weet dit gaan nie die laaste lyding vir Afgane wees nie, die lyding gaan voortduur.”

Ondanks samesprekings om te probeer om ’n einde aan die 18-jarige oorlog met Amerika te maak, ly burgerlikes steeds die ergste.

Isis veg teen Afganistan se regering en ’n nasionale mag wat deur Amerika gelei word. Isis is nie deel van die samesprekings nie. Amerika het sowat 14 000 soldate in Afganistan as deel van ’n Nato-mag en pres. Donald Trump dreig al lank om hulle te onttrek.

Pres. Asjraf Ghani het die aanval as “barbaars” beskryf. Hy het die skuld op die Taliban gepak “wat ’n platform aan terroriste gee”. - Bronne: Reuters, BBC, verwerk


Meer oor:  Kaboel  |  Afganistan  |  Troue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.