Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘Ek is by die huis,’ sê vrou in kartondoos

Mense in Kuba kan gereeld ’n lang kartondoos met arms en bene in ’n Havana-woongebied sien loop.

Dié kartondoos besoek graag die bakkery of die slaghuis, maar kan soms naby die rakke gesien word waar die koerante verkoop word.

Feridia Rojas (82), ’n afgetrede verpleegster, het besluit om vir haar ’n “mobiele huis” te maak sodat sy haarself teen die virus kan beskerm.

Feridia Rojas (82), ’n afgetrede verpleegster, stap in Havana, Kuba in haar kartondooshuisie wat sy glo haar teen die Covid-19-virussiekte beskerm. Foto: Reuters

Beskermende drag word glo nie in winkels in Kuba verkoop nie.

Haar mobiele huis lees: “Ek is by die huis, wat van jou?”

Dié slagspreuk pas netjies in by Kuba se bevel dat mense by hul huise moet bly.

Rojas sê albei haar dogters woon in Amerika en omdat sy ’n weduwee is, moes sy ’n manier vind om haar inkopies te doen én terselfdertyd veilig bly.

“Ek was bekommerd oor die asimptomatiese mense wat net verby jou kan loop en hoes. Ek het dus

besluit om vir my ’n klein huisie van karton te maak en dit te dra,” sê sy. – Reuters

Die woorde op die kartonboks is: “Ek is by die huis. En jy?” Foto: Reuters

Meer oor:  Kuba  |  Koronavirus  |  Virus  |  Inperking  |  Bejaarde  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.