Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Elsa looi Florida, maar raak kalmer as voorspel

Die tropiese storm Elsa het Woensdag swaar reën na Florida gebring, maar dermate verswak dat dit nie die skade en wydverspreide kragonderbrekings in dié Amerikaanse deelstaat veroorsaak het wat verwag is nie.

Die Associated Press berig tornado-waarskuwings is vroeg Woensdagoggend vir verskeie provinsies in die noorde van Florida, waaronder die Gainesville-omgewing, uitgereik.

Voetgangers steek ’n kruising oor onder die aanslae van swaar wind en reën van die tropiese storm Elsa in Key West, Florida. Foto: AP

Swaar reën en stormsterk wind word steeds oor Noord-Florida verwag sodra die storm ’n verwagte draai in die noordooste gaan maak.

Ron DeSantis, goewerneur van Florida, het op ’n oggend-nuuskonferensie gesê daar is nie enige grootskaalse strukturele skade of sterftes aangemeld nie.

“Dit is duidelik dat dit erger kon gewees het,” het DeSantis gesê.

’n Waarskuwing vir ’n tropiese storm oor Cape Coral en Fort Myers is intussen gekanselleer. ’n Waarskuwing oor ’n moontlike orkaan is ook in Tampa teruggetrek, hoewel weervoorspellers steeds inwoners oor sterk wind en vloede gewaarsku het.

Volgens CNN word nege mense in Key West in Florida vermis nadat noodwerkers daarin kon slaag om 15 ander mense Dinsdag uit vloedwaters in dieselfde gebied te red.

Die soektog na die nege mense het Woensdag voortgeduur, maar die kuswag kon nie onmiddellik bevestig of enigiemand opgespoor is nie.

Twee helikopters en ’n vliegtuig het aan die soektog deelgeneem, het die kuswag gesê.

CBS News berig Elsa het Dinsdagaand oor etlike ure versterk tot ’n kategorie 1-orkaan voordat dit weer tot ’n tropiese storm verswak het.

Oorstromings word steeds vanaf die Georgia-kus tot in die omgewing van Suid-Carolina voorspel.

Volgens die nasionale orkaansentrum kan Elsa steeds momentum optel voordat die storm die kus van Florida vanaf die middel van die Longboat Key-omgewing tot by die Aucillarivier, wat Tampabaai insluit, tref.

Meer oor:  Florida  |  Amerika  |  Swaar Reën  |  Reën  |  Tropiese Storm  |  Storm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.