Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Epstein: Bewaarders aangekla oor vals rekords
Jeffrey EpsteinFoto: AP

Twee tronkbewaarders wat aan diens was toe die miljoenêr en pedofiel Jeffrey Epstein hom in sy sel opgehang het, sou Dinsdag in hegtenis geneem word en in die distrikshof in Manhattan, New York, verskyn.

Volgens ’n bron sal hulle van pligsversuim en die vervalsing van rekords aangekla word.

Die twee bewaarders, wat volgens vroeëre berigte op Saterdag 10 Augustus oortyd gewerk het in die Metropolitan Correctional Center in New York, het glo versuim om Epstein al om die halfuur te monitor, berig The New York Times.

Hulle het glo geslaap en ná die tyd rekords vervals om hul pligsversuim te verdoesel.

Dié aanklagte sal die eerste wees nadat ’n ondersoek begin is nadat Epstein dood in sy sel gevind is. Hy was verhoorafwagtend op aanklagte dat hy tienermeisies seksueel misbruik het.

Epstein is deurlopend gemonitor nadat hy op 23 Julie reeds glo probeer het om sy eie lewe te neem. Ses dae later is dié maatreëls opgehef.

Op die dag van Epstein se dood het die twee bewaarders, wie se name nog nie bekend gemaak is, versuim om Epstein vir drie uur te monitor soos hulle moes.

Hulle is ná Epstein se dood op administratiewe verlof geplaas.

Die twee bewaarders het volgens Associated Press ook ’n pleitooreenkoms met die staat van die hand gewys.

Meer oor:  Jeffrey Epstein  |  Vals Rekords  |  Pedofiel  |  Trronksell  |  Bewaarders  |  Selfdood  |  Seks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.