Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Epstein se ‘handlanger’ doen aansoek om borgtog

Ghislaine Maxwell verskyn Dinsdag in die federale hof in Manhattan, New York, via videostroom.

Maxwell doen om borgtog aansoek in die saak vir haar beweerde aandeel in sekshandel as medepligtige van die veroordeelde pedofiel Jeffrey Epstein.

The Guardian berig die Britse sosiale vlinder staan op ses aanklagte tereg, wat onder meer die werwing van minderjarige meisies om mee seksdade te pleeg insluit, sowel as meineed. Indien sy skuldig bevind word, kan sy 35 jaar tronkstraf opgelê word.

Maxwell (58) is op 2 Julie in haar huis in Bradford, New Hampshire, in hegtenis geneem. Sy ontken alle aanklagte teen haar.

Ghislaine MaxwellFoto: Getty Images

Aanklaers het Maandag hofstukke ingedien waarin hulle borgtog vir Maxwell teenstaan. Hulle voer aan sy is ’n vlugrisiko, berig CNN. Maxwell het glo drie paspoorte en is vermoënd, met talle bankrekeninge in die buiteland. Sy is ’n burger van Frankryk, Brittanje en Amerika. Frankryk het nie ’n uitleweringsooreenkoms met Amerika nie, het die aanklaers gesê.

Volgens hulle is sy ook baie goed daarmee om weg te kruip. Toe agente van die Amerikaanse speurdiens by haar eiendom opdaag om haar in hegtenis neem, het Maxwell hulle probeer ontduik. Die agente het ’n selfoon gekry wat in foelie toegedraai was, wat glo ’n poging is om nie opgespoor te kan word nie.

Boonop sluit die wagte van die veiligheidsmaatskappy by haar huis na bewering voormalige lede van die Britse weermag in, berig The Sun.

Die aanklaers voer aan dat geen borgtogvoorwaardes sal kan verseker dat sy wel die hofverrigtinge sal bywoon nie, in

Maxwell se verdedigingspan sê onder meer dat Covid-19 ’n gevaar vir haar inhou en haar verdediging kan benadeel. Hulle hou vol dat sy nie ’n vlugrisiko is nie, maar uit die openbare oog gebly het om die media te vermy nadat Epstein in Julie verlede jaar in hegtenis geneem is.

Epstein het homself in Augustus in sy tronksel opgehang.

Meer oor:  Jeffrey Epstein  |  Ghislaine Maxwell  |  New York  |  Borgtog  |  Aansoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.