Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Erge turbulensie slinger passasiers teen vliegtuig se plafon

Sowat 45 passasiers op ’n vlug van Air Canada van Vancouver na Sydney in Australië is Donderdag beseer toe daar skielik onvoorsiene turbulensie was.

Mense het deur die lug gevlieg en baie het die plafon getref, het ooggetuies volgens The Guardian vertel.

Die vliegtuig het op Honolulu in Hawaii vir ’n mediese noodsituasie geland.

Dean Nakano, hoof van Honululu se mediese nooddienste, sê die beseerdes het veral kinders en bejaardes ingesluit.

Ek het wakker geword en gekyk of my kinders vasgegordel is.

Sowat 35 mense is lig beseer en nege ernstig. Die beserings behels meestal snye, swelsels, kneusplekke en nek- en rugpyn.

Daar was 269 passasiers en 15 bemanningslede aan boord van die Boeing 777-200.

“Die vliegtuig het net skielik geval,” het Stephanie Beam, ’n passasier, volgens The Journal aan die nuusagentskap AP gesê.

“Ek het wakker geword en gekyk of my kinders vasgegordel is. Die volgende ding wat ek gesien het, is mense teen die plafon van die vliegtuig. Die vrou agter my het die plafon so hard getref dat sy die omhulsel van die suurstofmasker gebreek het,” sê Beam.

Llyn Williams, nog ’n passasier, sê dit was angswekkend.

“Daar was oral bloed. Suurstofmaskers het oral rondgeswaai.”

Sy vrou, Erika Daly, is in ’n hospitaal in Honululu opgeneem. Hy sê almal wat nie vasgegordel was nie, het die plafon getref.

Meer oor:  Air Canada  |  Stephanie Beam  |  Honolulu  |  Sydney  |  Turbulensie  |  Vliegtuig  |  Passasiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.