Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘Ergste lyding sedert oorlog’

Italië se dodetal weens Covid-19 het die naweek verder die hoogte ingeskiet, tot oor die 5 000-kerf, en die regering het opdrag gegee dat alle nienoodsaaklike ondernemings moet sluit.

Gesondheidswerkers ontsmet die strate van Djakarta, hoofstad van Indonesië. Foto: Reuters

Slegs ondernemings wat deel is van die voorraadketting en gesondheidsdienste mag oop bly, het Giuseppe Conte, premier, Saterdag gesê. Supermarkte, apteke en banke mag oop bly, asook die openbare vervoerstelsel. Dit geld tot 3 April.

Italië beleef sy moeilikste tyd sedert die Tweede Wêreldoorlog, sê Conte.

Sy dodetal oorskry nou dié van China. Dit het Saterdag met 793 vermeerder en Sondag met nog 651 tot 5 476.

Hy het naas China ook die meeste besmettingsgevalle.

  • Minstens 59 138 Italianers het nou die koronavirus onder lede­ en Saterdag was 2 857 in waaksale. Die sterftekoers in Italië is sowat 9,2% van die aangemelde gevalle. Rusland het Sondag aangekondig hy gaan op die noodroep van Italië reageer.

Die Russiese departement van verdediging gaan agt mobiele brigades mediese ordonnanse daarheen stuur, asook toerusting en spesiale ontsmettingsvoertuie.

  • Kuba het ook die naweek ’n span dokters na Italië gestuur om te gaan help. Die land het ook reeds medici na Venezuela, Nicaragua, Jamaika, Grenada en die Suriname gestuur. Honderdmiljoene Indiërs het Sondag op ’n beroep van Narendra Modi, premier, ge­reageer en tuis gebly.

Die tuis-isolasie was vrywillig, maar die meeste inwoners het wel aan sy beroep gehoor gegee. Dit het net die naweek gegeld, maar Modi het dit gister opgevolg met ’n algehele afsperring van die hoofstad, Delhi, wat 18 miljoen mense huisves.

  • Nog net 415 mense het positief vir die nuwe koronavirus getoets en sewe sterfgevalle is in Indië aangeteken, maar die vrees bestaan dat die virus nog onder ’n massa mense kan versprei, wat die land se gesondheidstelsel nie sal kan hanteer nie. Pres. Donald Trump het intussen hulp teen die virus aan Noord-Korea aangebied.

Kim Jong-oen, die afgesonderde staat se leier, verwel-kom dit en sê dit is ’n bewys van die “spesiale en noue persoonlike band” tussen dié twee leiers.

  • Die Withuis het die aanbod by navraag bevestig. Iran, die Midde-Oosterse land wat die ergste deur die pandemie getref is, het die naweek ’n soortgelyke aanbieding van Amerika van die hand gewys.

Die dodetal is nou 1 812 en daar sterf tans volgens die departement van gesondheid elke tien minute iemand aan Covid-19.

  • Iran sê as Amerika waarlik wil help, moet hy net die sanksies teen hom opskort. Nog iemand wat meen die uitwerking van die virus word oordryf, is pres. Jair Bolsonaro van Brasilië.

Hy het Vrydag gesê mense doen “absurde stappe, soos om winkelsentrums te sluit”.

“Histerie sal net die ekonomie seermaak,” het hy op TV gesê.

25 mense het reeds hier aan Covid-19 gesterf.

Die goewerneur van die staat São Paulo het die naweek aangekondig dié streek word vir twee weke onder kwarantyn geplaas. – Reuters

Meer oor:  Italië  |  China  |  Koronavirus  |  Virus  |  Covid 19-Virus  |  Koronavirussiekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.