Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Erken Trump dalk Biden se oorwinning in twiet?
Pres. Donald Trump Vrydag by ’n geleentheid in die roostuin van die Withuis in Washington. Foto: Reuters

Dit wil voorkom asof pres. Donald Trump Sondag vir die eerste keer in die openbaar erken het dat Joe Biden die Amerikaanse presidentsverkiesing op 3 November gewen het, maar hy het weereens beweer dat die verkiesing “gemanipuleer” is en sy bewerings van wydverspreide bedrog met die verkiesing herhaal.

Biden het Trump verslaan deur ’n reeks slagveldstate te wen wat Trump in 2016 gewen het. Die Demokratiese voormalige adjunkpresident het ook die nasionale populêre stem met meer as 5,5 miljoen stemme, oftewel 3,6%, gewen.

Dit lyk asof Trump Biden se oorwinning in ’n Twitter-plasing erken het. “Hy het gewen omdat die verkiesing gemanipuleer is,” het Trump Sondagoggend op Twitter geskryf, en nie direk na Biden verwys nie.

Trump se veldtog het regsgedinge aanhangig gemaak om die uitslae in veelvuldige state om te keer. Demokrate en ander kritici het Trump daarvan beskuldig dat hy Biden se oorwinning probeer delegitimeer en dat hy die vertroue van die publiek in die Amerikaanse verkiesingsproses ondermyn. Voor die verkiesing het Trump geweier om hom tot ’n vreedsame oordrag van mag te verbind.

Trump se weiering om toe te gee, het nie die feit dat Biden die aangewese president is, verander nie, maar dit het die normale proses van voorbereiding vir ’n nuwe president in die Withuis gestuit.

Die besluit van die Trump-administrasie om Biden nie as die wenner te erken nie, het verhinder dat Biden en sy span toegang tot regeringskantoorruimte verkry en tot finansiering wat normaalweg aan ’n inkomende regering toegestaan word om ’n gladde oorgang te verseker. - Reuters


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.