Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Eswatini kondig ook staat van inperking af

Eswatini het ook ’n staat van inperking afgekondig om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

Die land het vier bevestigde gevalle van die koronavirussiekte. Die staat van inperking begin Vrydag om middernag en duur tot 16 April.

Ambrose Mandvulo Dlamini, die land se eerste minister, sê die inperking behels die volgende:

* Vanaf Vrydag 27 Maart 2020 vir 20 dae word alle onnodige bewegings en besoeke buite die omtrek van jou huis beperk, behalwe om noodsaaklike dienste te lewer of te koop.

* Werkgewers word aangemoedig om soveel as moontlik werknemers van die huis af te laat werk.

* Noodsaaklik bedrywe sal voortgaan te midde van toepaslike higiëniese standaard om werknemers teen die virus te beskerm.

* Na aanleiding van Suid-Afrika se staat van inperking, beveel die regering aan dat slegs goedere, vrag en burgers wat terugkeer en wettige inwoners deur die land se grense toegelaat sal word. Terugkerende burgers en inwoners sal onderworpe wees aan ’n verpligte kwarantyn van 14 dae op aangewese plekke, uitgesluit diegene wat in staat is om hulself te isoleer.

* Nienoodsaaklike reise tussen dorpe, stede en streke van die land word nie toegelaat nie, behalwe om mediese redes of om noodsaaklike dienste te lewer of te bekom.

* Daar word van werkgewers verwag om geriewe te verskaf waar werknemers hul hande gereeld kan was.

* Elektroniese betalings en aanlyn bankdienste moet waar moontlik gebruik word eerder as om banke te besoek. Toelae vir bejaardes word voortaan deur die elektroniese betaalstelsel uitbetaal.

* Openbare vervoer sal slegs in werking wees vir noodsaaklike beweging en ’n afstand van ’n meter moet tussen passasiers gehandhaaf word.

* Alle kroeë is gesluit. Drankwinkels sal tussen 11:00 en 18:00 oop wees.

* In alle voedselwinkels en banke is die publiek beperk tot 20 individue en ’n afstand van 1 m tot 2 m tussen mekaar.

* Alle openbare byeenkomste van meer as 20 mense is verbode. Dit sluit in godsdienstige aktiwiteite, sportbyeenkomste, konferensies, huweliksfeeste, musiekkonserte, partytjies, gimnasiums, of ander aktiwiteite of plek waar die publiek vergader.

* Die vervoer van voedsel en goedere oor die grense sal voortgaan.

* Die weermag en die polisie sal ontplooi word om te verseker dat al hierdie maatreëls nagekom word.

* Streng boetes sal uitgereik word aan mense wat nie die maatreëls eerbiedig nie.

Meer oor:  Koronavirus  |  Inperking  |  Covid-19  |  Eswatini
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.