Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ethiopië stem Maandag in 1ste ‘vrye verkiesing’

Ethiopiërs stem Maandag in nasionale en streekverkiesings, wat die premier beskou as bewyse van sy toewyding om demokrasie ná jare lange onderdrukking in dié land te vestig.

Nadat die regerende koalisie die 44-jarige Abij Ahmed in 2018 tot premier verkies het, was hy aan die stuur van politieke en ekonomiese hervorming in die land.

Ahmed het verlede week gesê dit sal die eerste poging tot vrye en regverdige verkiesings in Ethiopië wees.

Die verkiesingsuitslae sal egter ook van groot belang vir Somalië, Soedan en Suid-Soedan wees, omdat Ethiopië as vredemaker in die streek optree.

’n Man stem Maandag in Ethiopië se verkiesing. Foto: Reuters

Ahmed se nuwe Prosperity Party geniet ook die meeste steun onder die ander kandidate, wat meestal kleiner partye is wat op etnisiteit gegrond is.

Berhanoe Nega, ’n voormalige politieke gevangene, is ook ’n prominente kandidaat wat sy naam in die hoed gegooi het.

Nega se Ethiopian Citizens for Social Justice-party se beleid is egter nie soos die ander partye op etnisiteit gegrond nie en sukkel om steun buite die stede te kry.

Die heersende koalisie en sy bondgenote het in die vorige verkiesing 547 setels verower.

Meer as 37 miljoen van die 109 miljoen Ethiopiërs het hulle vir die verkiesing geregistreer. Meer as 46 partye – die meeste partye wat nóg aan ’n verkiesing in die land deelgeneem het – is op die stembrief.

Nie alle partye neem egter aan die verkiesing deel nie.

In Oromija, een van die mees digsbevolkte provinsies, het die grootste opposisiepartye gesê weens intimidasie deur die veiligheidsmagte in die streek sal hulle die verkiesing boikot.

Weens probleme met registrasies en geweld sal ’n tweede ronde verkiesings in September in Ethiopië gehou word.

Ahmed se hervormings het onder meer ingesluit dat die verbod op talle politieke partye en die media gelig is. Dit beteken dat duisende politieke gevangenes vrygelaat is. Die verbod op politieke saamtrekke is ook gelig. Reuters


Meer oor:  Verkiesing  |  Demokrasie  |  Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.