Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
EU-agentskap ondersoek bloedklonte met J&J-entstof

Die medisynereguleerder van die Europese Unie het Vrydag aangedui ondersoek word ingestel nadat seldsame bloedklonte by vier mense in Amerika ontdek is nadat hulle met die entstof van Johnson & Johnson (J&J) ingeënt is.

Die medisynereguleerder se veiligheidskomitee hersien ook die uitwerking van die entstof van AstraZeneca wat verband hou met seldsame bloedklonte en ondersoek ook berigte oor kapillêre lek-sindroom in mense wat die AstraZeneca-entstof toegedien is.

J&J sê hy is bewus van die seldsame gevalle van individue wat bloedklonte gekry het en dat hy saam met reguleerders werk om die data te ontleed en om die nodige inligting te verskaf.

Daar is nog geen duidelike verwantskap tussen die voorvalle en die J&J-entstof nie, het die maatskappy in ’n verklaring gesê.

Van die vier ernstige gevalle van bloedklonte het drie in Amerika voorgekom.

Dit is benewens ’n ander persoon wat weens ’n stolling-versteuring tydens J&J se kliniese studies dood is.

Die Amerikaanse voedsel en medisyne-beheerraad sê hulle is bewus van ’n paar berigte van individue met ernstige bloedklonte nadat hulle met die J&J-entstof ingeënt is en benadruk die voorvalle kan ook baie ander oorsake het.

“Ons het nie ’n verwantskap met die entstof gevind nie en ons gaan voort met ons ondersoek oor en assessering van die entstof. Ons data-ontleding sal bepaal of opgetree moet word,” sê die agentskap in ’n verklaring.

Sowat 5 miljoen Amerikaners is reeds met die J&J-entstof ingeënt, volgens die land se sentrums vir siektebeheer en -voorkoming. -Reuters.

Meer oor:  Eu  |  Amerika  |  Covid-19  |  Covid-19-Variante  |  Koronavirus  |  Entstof  |  Johnson&Johnson  |  Bloedklonte  |  Enstof-Newe-Effekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.