Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Britte vra Brexit-uitstel tot 30 Junie

Theresa May, Britse premier, het in 'n brief gevra vir uitstel tot 30 Junie om die Europese Unie te verlaat.

Soos sake tans staan, moet die Britte die EU op 12 April verlaat sonder dat 'n ooreenkoms deur die LP's goedgekeur is. May het voorgestel dat, indien die LP's betyds kan ooreenkom op 'n plan, Brittanje die EU voor die verkiesing van die Europese parlement op 23 Mei kan verlaat.

Vroeër is berig Donald Tusk, president van die Europese Unie (EU), is glo bereid om Brexit vir nóg 12 maande uit te stel.

'n Senior bron in die EU het glo vir die BBC gesê dat Tusk van plan is om 'n "inskiklike uitstel" op die onderhandelingstafel te sit en uitstel tot 31 Maart 2020 toe te staan.

Britains Prime Minister, Theresa May, greets Donal
Theresa May, Britse premier, en Donald Tusk, president van die Europese Unie. Foto: Reuters

Só 'n  plan van Tusk sal Brittanje toelaat om die EU vroeër te verlaat indien die Britse parlement met 'n Brexit-plan vorendag kom. EU-leiers sal egter eers hul goedkeuring moet gee.

Brittanje moes die EU aanvanklik op 29 Maart 2019 verlaat het, maar die Britse parlement steun nie May se Brexit-ooreenkoms nie. Hulle het in die week besluit dat May moet teruggaan na die EU en vir uitstel vra. – Reuters

Meer oor:  Donald Tusk  |  Theresa May  |  Europa  |  Brittanje  |  Brexit  |  Europese Unie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.