Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
EU-lande sluit kontrak vir Oxford se entstof

Italië, Duitsland, Frankryk en Nederland het ’n kontrak onderteken vir ’n entstof teen Covid-19 wat teen die einde van die jaar verwag word.

Die kontrak is vir tot 400 miljoen dosisse van die entstof, wat deur die Universiteit van Oxford ontwikkel word, het die maatskappy AstraZeneca gesê.

Pascal Soriot, uitvoerende hoof, het in ’n verklaring gesê: “Met dié dat ons Europese verskaffingsketting binnekort met vervaardiging gaan begin, hoop ons om die entstof wyd en vinnig beskikbaar te stel.”

AstraZeneca het onderneem om dit tydens die pandemie teen kosprys te verkoop.

Eksperimente met die entstof is reeds ver gevorder en sal na verwagting tot in die Europese lente duur, het Roberto Speranza, Italiaanse minister van gesondheid, op Facebook gesê.

AstraZeneca het vervaardigingsooreenkomste wêreldwyd aangegaan om sy teiken te haal om 2 miljard dosisse van die entstof te vervaardig. Dis onder meer met twee ondernemings wat deur Bill Gates gerugsteun word. Daar is ook ’n $1,2 miljard-ooreenkoms met die Amerikaanse regering.

Daar is nog geen goedgekeurde entstof of behandeling vir Covid-19 nie.

“Baie lande ter wêreld het reeds verseker hulle kry ’n entstof, maar Europa het nog nie,” het Jens Spahn, Duitse minister van gesondheid, gesê. “Die vinnige, gekoördineerde optrede van ’n groep lidstate sal vir alle EU-burgers in dié krisis toegevoegde waarde skep.” Reuters

Meer oor:  Frankryk  |  Nederland  |  Italië  |  Duitsland  |  Covid-19  |  Universiteit Van Oxford
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.