Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
EU ‘onderhandel nie weer’ oor Brexit-ooreenkoms

Daar kan nie weer oor die Brexit-ooreenkoms tussen Brittanje en die Europese Unie (EU) onderhandel word nie, het die president van die Europese kommissie, Jean-Claude Juncker, Woensdagmiddag gesê.

Dit is die “beste en enigste ooreenkoms”.

Die president van die Europese kommissie, Jean-Claude Juncker. Foto: AP

Hy het, met verwysing na die debat Dinsdagaand in die Britse laerhuis, gesê dit verander nie die toedrag van sake nie.

Britse LP’s het oor sewe voorgestelde wysigings aan die ooreenkoms gestem.

Dit is net voorstelle, maar die boodskap was duidelik. Die Britse premier, Theresa May, moet na Brussel, die EU se hoofkwartier in België, terugkeer om weer oor ’n Ierse agterdeur-klousule te onderhandel.

Juncker sê egter die EU is nie bereid om weer daaroor te onderhandel nie.

Hy meen Dinsdag se stemming verhoog die moontlikheid dat Brittanje die EU sonder ’n ooreenkoms sal verlaat.

Die Europese kommissie het reeds planne versnel om voor te berei op ’n wanordelike Brexit sonder ’n ooreenkoms.

Juncker sê nietemin hy is optimisties dat ’n ooreenkoms tog met Brittanje bereik kan word.

Die EU dring daarop aan dat die Ierse agterdeur die versekering bied dat daar geen vaste grens tussen Ierland, wat lid van die EU is, en Noord-Ierland sal ontstaan ná Brexit nie.

Brittanje wil hê die Ierse agterdeur moet beteken dat Noord-Ierland en die res van Brittanje vir ’n beperkte tyd deel van dié mark- en doeane-unie bly.

Brittanje moet die EU op 29 Maart vanjaar verlaat. - Bronne: SkyNews, The Telegraph

Meer oor:  Europese Unie (Eu)  |  Theresa May  |  Jean-Claude Juncker  |  Brittanje  |  Brussels  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.