Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
EU sê nee vir afstand doen van entstof-regte

Verskeie Europese lande het Vrydag vasgeskop teen die voorstel om van eiendomsregte op entstowwe afstand te doen en aangevoer groter fokus moet eerder op die vervaardiging en deel van entstowwe geplaas word.

Leiers van die Europese Unie (EU) se 27 lidlande het die voorstel Vrydag by ’n beraad van twee dae in die Portugese stad Porto bespreek, maar het gemengde gevoelens oor die haalbaarheid van die voorstel gehad.

Pres. Joe Biden van Amerika. Foto: Reuters

Pres. Joe Biden van Amerika het vroeër die week die voorstel ondersteun van Suid-Afrika en Indië dat tydelik van eiendomsregte op entstowwe afstand gedoen moet word. Italië ondersteun ook die voorstel, het EU-amptenare gesê.

Emmanuel Macron, die Franse president, meen egter die groot kwessie is eerder die verspreiding van die entstowwe as die vervaardiging daarvan. Hy sê Frankryk werk tans saam met Duitsland om die probleem te takel.

Berlyn het reeds Donderdag sy teenkanting van die voorstel uitgespreek.

Macron het ook na Amerika en Brittanje gekap wat nie entstowwe of vervaardigingsmiddels na die res van die wêreld uitvoer nie.

Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, het ná afloop van die eerste dag van die beraad op ’n nuuskonferensie gesê die EU moet oop wees vir die bespreking van eiendomsregte, maar meen die deel van tegnologie is nie ’n vinnige oplossing vir die koronaviruspandemie nie.

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk. Foto: Reuters

Na verwagting sal die Europese Kommissie ook die EU-leiers aanraai dat die ophef van eiendomsregte nie die produksie van entstowwe sal verhoog nie, veral nie in armer lande nie, aangesien die vervaardigingsproses gevorderde tegnologie en fasiliteite benodig.

Sommige EU-amptenare het aangevoer dit kan tot twee jaar neem om op kwytskelding van eiendomsregte in die Wêreldhandelsorganisasie (WTO) saam te stem, wat dit teen dan waarskynlik irrelevant in die huidige pandemie sal maak.

Ook die farmaseutiese bedryf voer aan die mees haalbare benadering is om die bestaande produksie-bottelnekke uit te stryk, asook entstowwe aan lande oor die wêreld heen te verkoop of skenk.

In ’n gesamentlike verklaring het die leiers van België, Swede, Frankryk, Denemarke en Spanje gesê indien inentings slegs in ontwikkelde lande teen Covid-19 plaasvind, sal die oorwinning teen die virus van korte duur wees.

“Entstowwe het ’n veiligheidsbeleid geword en die EU kan nie bekostig om agter te bly nie, daarom sal ’n verhoogde Europese produksievermoë ’n belangrike prioriteit wees,” het hulle gesê. – Reuters


Meer oor:  Emmanuel Macron  |  Joe Biden  |  Pandemie  |  Entstowwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.