Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
EU wys Von der Leyen in naelskraapse oorwinning aan
Ursula von der Leyen, nuwe president van die Europese Kommissie, saam met Jean-Claude Juncker, huidige president van die Kommissie. Foto: Getty Images

Ursula von der Leyen, Duitsland se voormalige minister van verdediging, is Dinsdag in ’n naelskraapse oorwinning tot die nuwe president van die Europese Kommissie verkies.

Von der Leyen se verkiesing sal haar die mag gee om kwessies soos klimaatsverandering, handel en demokrasie in die Europese Unie (EU) aan te pak.

Sy het David Sassoli, speaker, vir dié pos met 383 stemme teenoor 327 uitgestof om die skoene van Jean-Claude Juncker, huidige president, te vul.

Von der Leyen, wat Duitsland se eerste vrou as minister van verdediging was, het uit dié pos bedank en sal haar nuwe pligte op 1 November opneem.

“Die vertroue wat julle in my geplaas het, is vertroue wat julle in Europa plaas. Dit is vertroue in ’n sterker en verenigde Europa. Van die ooste tot die weste en die suide tot die noorde. Dit is ’n groot verantwoordelikheid en my werk begin nou.”

Von der Leyen het ’n beroep op die kommissie gedoen om saam te werk sodat hulle ’n sterker Europa kan bou. – Reuters

Ursula von der Leyen is die nuwe president van die Europese Kommissie Foto: Getty Images

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.