Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘Facebook moet vasgevat word’

Facebook se besluit om alle media-inhoud in Australië te weerhou, is ’n verstommende onverantwoordelike poging om ’n demokrasie te boelie.

So het Julian Knight, voorsitter van die Britse parlement se komitee vir digitale sake, kultuur, media en sport, Donderdag aan Reuters gesê nadat Facebook vandeesweek plaaslike en internasionale mediaberigte op Australië en sy inwoners se Facebook-profiele verbied het.

Knight dink hierdie stap sal parlemente oor die wêreld heen aanmoedig om streng teenoor groot tegnologiese firmas op te tree.

“Dié optrede – dié boelieseunoptrede – teenoor Australië gaan die behoefte om verder (teen Facebook) op te tree onder wetgewers oor die wêreld heen aanmoedig,” sê Knight.

“Ons verteenwoordig mense en ek is jammer, maar jy kan nie bloot daaroor stoomroller nie – en as Facebook dink hy kan dit doen, sal hy op lang termyn deur dieselfde woede as die olie- en tabakbedryf in die gesig gestaar word.”

Die sosialemediareus het Australië Donderdag geskok toe alle media-inhoud op sy platform weerhou is nadat dié reus en die Australiese regering nie langs dieselfde vuur weens betaling vir inhoud kon sit nie.

Facebook het die stap geneem nadat Scott Morrison, Australië se premier, se regering ’n wetsontwerp opgestel het om Facebook en Google te verplig om kommersiële ooreenkomste te sluit met nuusbronne wie se inhoud verkeer op hul platforms aanhelp.

Indien hulle nie hieraan voldoen nie, kan hulle tot arbitrasie gedwing word om hiervoor op te dok.

“As jou waarde vermeerder deur betroubare bronne se inligting te dra – net soos as jy waarde kry van musiekstromingsdienste – dan moet dié wat dit vertoon en advertensies daarvoor verkoop, ook daarvoor betaal,” sê Knight.

“Ek dink amper hulle gebruik Australië nou om demokrasieë te toets om te sien of hulle bereid is om beperkings te plaas op hoe hulle (Facebook) sake doen. Na my mening staan ons dus almal agter Australië.” – Reuters

Meer oor:  Australië  |  Verbod  |  Facebook  |  Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.