Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Facebook sê sy geheime dokumente moet verseël bly

Die sosialemedia-reus, Facebook het aangekondig dat die Britse parlement in besit is van sy interne dokumente.

Facebook sê hy baklei al maande teen die bekendmaking van dié dokumente.

Die geheime dokumente is deel van ’n hofsaak in Kalifornië in ’n string aantygings teen Facebook, waaronder bewerings dat dié maatskappy nie gebruikers se privaatheid in ag neem nie en dat Mark Zuckerberg, Facebook se hoofuitvoerende beampte, ’n plan beraam het om sy mededingers uit besigheid te hou.

Mark Zuckerberg, Facebook se hoofuitvoerende beampte.Foto: Argief

Ted Kramer, eienaar van Six4Three, wie se maatskappy Facebook dagvaar, het vroeër aan CNN gesê Facebook is “die grootste oortreder van data-misbruik”.

Kramer hou vol die Amerikaanse federale komitee van handel moet sy bewerings ondersoek.

Facebook sê die aantygings is ongegrond.

Hoewel die San Mateo-hooggeregshof in Kalifornië beveel het Six4Three nie die dokumente bekend mag maak aan die publiek nie, het Damian Collins, hoof van die Britse parlementêre komitee, Kramer intussen vir die dokument gevra.

Stuart Gross, een van Six4Three se prokureurs, het Vrydag aan CNN bevestig dat die Britse komitee die dokumente het.

Luidens ’n verklaring deur Facebook word dié dokumente deur ’n hofbevel beskerm.

Naugle het in ’n verklaring verlede maand aan CNN gesê die maatskappy hou voet by stuk oor sy besluit dat die dokumente verseël moet bly.

Six4Three is ’n maatskappy wat die Pinkini-app ontwikkel het, wat verbruikers toegang gee om foto’s van hul vriende wat bikini’s dra te vind. Six4Three is al ’n jaar lank in ’n hofstryd met Facebook gewikkel.

Six4Three beweer Facebook het sy besigheid in die wiele gery toe hy toegang tot vriende se data beperk het.

Kramer het aan CNN gesê hy beskou die geveg met Facebook as “Dawid teen Goliat”.

“Ek dink dit is belangrik om te weet dat Facebook hard baklei dat die bewyse nie uitlek en aan die publiek bekendgemaak word nie. Ons glo die wêreld moet dit sien. Ons glo almal moet dit sien, die mense het ’n reg om die waarheid te weet,” het Kramer gesê.

Natalie Naugle, Facebook se prokureur, sê Six4Three word as “een van die mees grillerige apps nog” beskryf en dat hulle glad nie die veranderinge wat hulle aan Facebook in 2014 gemaak het en Six4Three keer om toegang tot verbruikers se inligting te verkry, berou nie.

Naugle het in ’n verklaring verlede maand aan CNN gesê die maatskappy hou voet by stuk oor sy besluit dat die dokumente verseël moet bly.

Meer oor:  Facebook  |  Mark Zuckerberg  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.