Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Familie ‘woedend’ ná vrou in koma die lewe skenk

Alle manswerkers van ’n kliniek in Amerika se DNS gaan getoets word nadat ’n pasiënt, wat vir meer as ’n dekade in ’n koma is, in Desember die lewe aan ’n seun geskenk het.

Die polisie het Dinsdag ’n lasbrief bekom om die toetse by die Hacienda HealthCare-fasiliteit in Phoenix, Arizona, te doen, berig Sky News.

John Micheaels, die prokureur wat die familie verteenwoordig, sê die familie is “woedend, getraumatiseerd en geskok”, berig die BBC.

Die Phoenix-polisie ondersoek ’n klag van seksuele aanranding.

Die werkers by die fasiliteit het glo nie geweet dat die vrou swanger is nie.

Die Hacienda HealthCare-fasiliteit het intussen gesê dat hulle die polisie se ondersoek verwelkom, berig CBS.

Bill Timmons, uitvoerende hoof van die kliniek, het intussen bedank.

Meer oor:  Amerika  |  Verkragting  |  Koma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.