Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Fauci oor inentings: 'Ons beweeg in die verkeerde rigting'

Die Verenigde State van Amerika is in “ ’n onnodige verknorsing” weens die toename in Covid-19-gevalle, wat aangevuur word deur Amerikaners wat nie hulself laat inent nie en die verspreiding van die hoogs aansteeklike Delta-variant.

Só sê dr. Anthony Fauci, Amerika se voorste kenner op die gebied van aansteeklike siektes.

“Ons beweeg in die verkeerde rigting,” het Fauci Sondag luidens ’n berig deur die Associated Press tydens ’n uitsending van die nuuskanaal CNN gesê.

Hy het opgemerk dat sommige gebiede waar infeksies skerp toeneem, soos die Los Angeles-distrik, reeds ’n beroep op mense gedoen het om maskers in binnenshuise openbare ruimtes te dra, ongeag of hulle ingeënt is of nie.

Volgens die Amerikaanse sentrum vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) is byna 163 miljoen mense, of 49% van die Amerikaanse bevolking, reeds teen Covid-19 ingeënt.

“Dit is hoofsaaklik ’n kwessie onder diegene wat nie ingeënt is nie, en dit is die rede dat ons daar buite is en feitlik by hierdie mense pleit om hulle te gaan inent,” het Fauci gesê.

The Guardian berig Amerikaanse gesondheidsamptenare debatteer of hulle die riglyne vir die dra van maskers moet hersien vir mense wat ingeënt is.

“Dit word oorweeg,” het Fauci gesê, hoewel hy ook beklemtoon het dat plaaslike regerings hul eie reëls kan uitreik onder leiding van die CDC.

Ná ’n beduidende afname in gevalle as gevolg van ’n nasionale inentingsveldtog, neem infeksies die laaste ruk onder Amerikaners toe. Die toenames is die hoogste in state met groot groepe mense wat nog nie ingeënt is nie. Meer as 610 000 mense in die VSA is al aan Covid-19 dood.

Volgens Aljazeera het Fauci ook tydens die CNN-uitsending sy frustrasie met die huidige situasie uitgespreek.

“As jy kyk na die kurwe van nuwe infeksies, is dit onder diegene wat nie ingeënt is nie, en omdat ons oor ongeveer 50 persent (inentings) beskik, is die land nie volledig ingeënt nie en is dit ’n probleem. Veral as jy te make het met ’n variant soos Delta, wat oor hierdie buitengewone kenmerk beskik om baie maklik en blitsvinnig onder mense te versprei,” het hy bygevoeg.

Meer oor:  Amerika  |  Covid-19  |  Inentings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.