Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
FBI kry ‘g'n samewerking’ van prins Andrew oor sekssaak

Prins Andrew het nog geensins sy samewerking aan die Amerikaanse speurdiens (FBI) gegee rakende sy ondersoek na die aktiwiteite en dood van die seksoortreder Jeffrey Epstein nie.

Die FBI het die prins genader om ’n onderhoud met hom te voer, maar het tot dusver “geen samewerking” van Andrew gekry nie, het Geoffrey Berman, ’n prokureur in Manhattan, Amerika, Maandag gesê.

Prins Andrew toe hy op 19 Januarie vanjaar saam met sy ma, koningin Elizabeth, ’n erediens op die koninklike landgoed Sandringham bygewoon het.Foto: AP

Hy het ’n nuuskonferensie voor die deure van Epstein se New Yorkse woning gehou en bevestig die FBI het Andrew om ’n onderhoud gevra.

Die FBI ondersoek ook die doen en late van Ghislaine Maxwell, ’n Britse sosiale vlinder en goeie vriendin van Andrew, asook ander mense wat verbintenisse met Epstein gehad het. Epstein, ’n veroordeelde seksoortreder, was verhoorafwagtend toe hy homself verlede jaar in sy tronksel opgehang het.

Maxwell is tot nog toe nie van enigiets aangekla nie en handhaaf ’n lae profiel.

Epstein het benewens Andrew ook sosiaal met pres. Donald Trump en oudpres. Bill Clinton (albei van Amerika) verkeer.

Hy het in Augustus verlede jaar sy lewe geneem sowat ’n maand nadat hy in hegtenis geneem en daarvan aangekla is dat hy tussen 2002 en 2005 handel gedryf het met minderjarige meisies van wie sommige 14 jaar oud was. Volgens aanklaers het Epstein die meisies gewerf om vir hom masserings te gee wat dan seksueel van aard geword het. Epstein het skuld op die aanklagte ontken. – Reuters

Meer oor:  Prins Andrew  |  Jeffrey Epstein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.