Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
FBI ondersoek Trump se skoonseun

Jared Kushner, pres. Donald Trump se skoonseun, word deur die FBI ondersoek as deel van ’n ondersoek na Rusland se beweerde inmenging in verlede jaar se Amerikaanse verkiesing, het The Washington Post en NBC News Dinsdag berig.

Kushner, ’n senior adviseur in die Withuis, word ondersoek ná vergaderings en ander moontlike interaksies met die Russiese ambassadeur en ’n bankier van Moskou.

Kushner is die enigste huidige Withuis-amptenaar wat as ’n sleutelpersoon in dié ondersoek beskou word.

Die FBI, verskeie kongreskomitees en ’n spesiale raad is deur die departement van justisie aangestel om die aantygings te ondersoek dat Rusland by die verkiesing ingemeng het waarin Hillary Clinton, die Demokratiese Party se kandidaat, teen Trump, wat namens die Republikeine gestaan het, verloor het.

Moontlike bande tussen Trump se verkiesingsveldtog en Russiese amptenare wat die verkiesing wou beïnvloed, word ook ondersoek.

Pres. Donald Trump en sy skoonseun, Jared Kushner. Foto: Reuters

Moskou en Trump ontken die bewerings.

’n Donker wolk van omstredenheid hang oor Trump se administrasie sedert hy James Comey, direkteur van die FBI, op 10 Mei afgedank het.

“Die belangstelling in Kushner beteken nie dat ondersoekbeamptes hom van ’n misdaad verdink of beplan om klagte teen hom aanhangig te maak nie,” het amptenare aan NBC News gesê.

Jamie Gorelick, een van Kushner se prokureurs, sê haar kliënt gaan sy samewerking gedurende die ondersoek gee.

“Kushner het voorheen aangebied om inligting oor die vergaderings wat ter sprake is met lede van die kongres te deel. Hy sal dieselfde doen as hy in verband met enige ander navraag gekontak word,” sê Gorelick.

Die FBI en die Withuis het nie onmiddellik kommentaar oor die saak gelewer nie. – Reuters

Meer oor:  Jared Kushner  |  Vergaderings  |  Ondersoek  |  Rusland  |  Fbi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.