Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘Fikse’ Johnson meen Britte is baie oorgewig

Behalwe vir mense van die Suid-Europese eiland Malta is die Britte meer oorgewig as enige ander land in Europa.

Dit is die mening van Boris Johnson, premier van Brittanje, Maandag in ’n onderhoud oor ’n debat oor die stygende vlakke van vetsug in sy land.

Boris Johnson, premier van Brittanje. Foto: Reuters

Johnson, wat self aan die begin van die jaar gesê het hy moet gewig verloor, is in April met Covid-19 in die hospitaal opgeneem en moes intensiewe behandeling met suurstof ondergaan.

Hy het later gesê dokters in die National Health Service (NHS) het sy lewe gered.

Johnson het in ’n onderhoud met ’n plaaslike radiostasie erken dat hy soos enige ander mens gewig verloor het in die intensiewesorg-eenheid.

“Ek het nog altyd ’n baie liberale standpunt oor vetsug ingeneem, maar as jy kyk na die getalle, as jy kyk na die druk op die NHS, en dit vergelyk met ander Europese lande, is ons aansienlik vetter as die meeste ander, afgesien van die Maltese om een of ander rede. Dit is ’n kwessie,” sê Johnson.

Volgens statistieke is die vlakke van vetsug onder die Britte een van die hoogste in die wêreld met een uit elke drie volwassenes wat vetsug het.

Sedert 1975 het vetsug wêreldwyd byna verdriedubbel en meer as 650 miljoen mense is vetsugtig – wat algemeen deur die Wêreldgesondheidsorganisasie as ’n liggaamsmassa-indeks van 30 of meer gedefinieer word.

Volgens Johnson is vetsug ’n kwessie wat aandag verg.

“Ons moet toesien dat ons bevolking gesond is en ons sal heelwat gelukkiger en fikser en meer bestand teen siektes soos Covid-19 wees as ons vetsug kan aanpak,” sê hy.

“Dit is baie duur vir die NHS.”

Johnson het in ’n onderhoud met Mail on Sunday gesê hy is so fiks “soos ’n slagter se hond” en het ’n paar opstote gedoen om sy fiksheid te demonstreer. Reuters

Meer oor:  National Health Service (Nhs)  |  Boris Johnson  |  Europa  |  Brittanje  |  Debat  |  Britte  |  Vetsug  |  Covid-19  |  Oorgewig  |  Malta
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.