Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Finland: 1 dood, 10 beseer in swaard-aanval

Die Finse polisie het Dinsdag skote afgevuur by ’n opleidingskollege in Kuopio in die ooste van die land nadat ’n student glo ’n dosent met ’n swaard aangeval het.

Een persoon is dood en tien ander beseer in die voorval.

Polisievoertuie staan Dinsdag in reënweer buite die Herman inkopiesentrum in Kuopio, Finland waar een mens dood en tien beseer is tydens ’n aanval by ’n opleidingskollege wat in die sentrum geleë is. Foto: Reuters

Volgens die Finse koerant Iltalehti het ’n ooggetuie gesê ’n student het met ’n groot sak klas toe gekom, ’n swaard uitgehaal en ’n dosent aangeval.

Die polisie sê ’n manlike Finse burger is in hegtenis geneem. Hy is ook in die voorval beseer.

Ville Hokkanen, ’n Finse polisiewoordvoerder, het aan Reuters bevestig dat die man ’n wapen met ’n lem gebruik het tydens die aanval en ook ’n vuurwapen by hom gehad het.

Oor die rede vir die aanval en of die aanvaller ’n student by die kollege was, het Hokkanen geswyg.

Antti Rinne, Finland se eerste minister, het sy skok op Twitter uitgespreek. “Die misdaad by die Savo Vocational College in Kuopio is skokkend en ons veroordeel dit ten sterkste. Ek het met top polisiebeamptes gesels en die regering monitor die situasie noukeurig.”

In die afgelope 12 jaar is twee dodelike voorvalle by Finse opleidingsentrums aangemeld. In 2007 het ’n leerling van die Jokela-hoërskool agt mense geskiet voordat hy homself om die lewe gebring het. In 2008 het ’n 22-jarige student in Kauhajoki tien mense geskiet en sy eie lewe geneem. – Reuters

Meer oor:  Finland  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.