Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Finland kry wêreld se jongste premier

Sanna Marin, die 34-jarige Finse minister van vervoer, gaan later vandeesweek ingehuldig word as die land se derde vroulike premier.

Sy sal die jongste premier in die wêreld wees, en ook die jongste wat Finland nog ooit gehad het.

Marin is Sondag deur die Sosiaal-Demokrate gekies nadat die huidige leier, Antti Rinne, bedank het.

Sanna Marin, Finland se jong nuwe premier.

Rinne het bedank nadat een van die party se vier koalisievennote gesê het hulle het hul vertroue in hom verloor weens sy hantering van ’n onlangse poskantoorstaking.

“Ons het baie werk om te doen om weer vertroue op te bou,” het Marin gesê nadat sy met ’n klein meerderheid deur haar party gekies is.

“Ek het nooit gedink aan my ouderdom of geslag nie. Ek dink aan waarom ek deel van die politiek geword het en oor die dinge waaroor ons die kiesers se vertroue gewen het,” het Marin volgens CNBC gesê.

Marin het vinnig opgang in die politiek gemaak nadat sy op 27-jarige ouderdom die burgemeester van die nywerheidsdorp Tampere geword het.

Sy neem die beheer van die regering oor te midde van ’n drievoudige staking wat van Maandag produksie by sommige van Finland se grootste maatskappye tot stilstand gaan dwing en die land na verwagting miljoene dollars gaan kos.

Die verandering in leierskap is ook moeilik omdat Finland tot einde vanjaar die roterende presidentskap van die Europese Unie (EU) het en ’n sentrale rol speel om ’n nuwe begroting vir die unie op te stel. – Reuters


Meer oor:  Finland  |  Premier  |  Ouderdom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.