Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Florida begin in alle erns met stemmery

Vooraf-stemmery het Maandag in Florida, een van die deurslaggewende state in die Amerikaanse presidentsverkiesing, begin.

Sowat 28 miljoen Amerikaners het reeds vroeë stemme uitgebring in die verkiesing, wat amptelik op 3 November plaasvind. Dis die meeste vooraf-stemme in die land se geskiedenis.

’n Ondersteuner van pres. Donald Trump neem hom Sondag af op ’n saamtrek wat hy in Carson City, Nevada, bygewoon het. Foto: AP
Pres. Donald Trump praat Sondag op ’n verkiesingsaamtrek in Carson City, Nevada. Foto: AP
Sen. Joe Biden van die Demokratiese Party waai die naweek vir ondersteuners in Delaware voordat hy aan boord van sy vliegtuig klim om na ’n saamtrek in Noord-Carolina te vlieg. Foto: Reuters

Waarnemers meen indien pres. Donald Trump van die Republikeinse Party nié Florida wen nie, is sy kans om as president herverkies te word, uiters skraal. Dié deelstaat stuur 29 verteenwoordigers na die kieskollege van 270 mense wat uiteindelik die president aanwys.

Florida en New York wys ewe veel verteenwoordigers aan – die derde meeste van alle deelstate. Kalifornië en Texas wys die meeste verteenwoordigers aan. Die jongste Reuters/Ipsos-peiling wys dat oud-visepres. Joe Biden van die Demokratiese Party 49% van kiesers se steun in Florida het teenoor Trump se 47%. Die toegelate afwyking vir die opname is egter 4%, wat beteken Biden kan nog nie op ’n oorwinning reken nie.

Albei kampe het reusebedrae op advertensies in Florida bestee, maar Biden het meer as Trump spandeer. Hy het ook sedert hul televisiedebat meer geld as Trump ingesamel.

Die 27,9 miljoen kiesers wat reeds persoonlik of per pos gestem het, is gelyk aan 20% van die totale stemme wat in 2016 in die presidentsverkiesing uitgebring is. Die meeste van die vroeë stemme is deur Demokratiese kiesers uitgebring.

Die laaste televisiedebat tussen Trump en Biden vind Donderdag plaas. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.