Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Foto van sterwende kind, huilende oupa roer die wêreld

Die hartverskeurende foto van ’n oupa wat langs die hospitaalbed van sy sterwende 5-jarige kleindogter huil, het mense wêreldwyd in trane.

Braylynn Lawhon van Florida veg om haar lewe nadat ’n seldsame maar dodelike tipe breinkanker by haar gediagnoseer is. Wat die situasie nog meer aangrypend maak, is dat haar oupa Sean Peterson, wat langs haar hospitaalbed huil, aan motorneuronsiekte ly en nie meer kan praat nie, berig The Sun.

Sy dogter en die siek kind se ma, Ally Parker, het die foto op haar Facebook-blad geplaas.

Die 5-jarige Braylynn Lawhon wat om haar lewe veg. Foto: Facebook: Ally Parker

Sy het Donderdag op haar blad geskryf dat hulle weer ’n bietjie hoop het dat haar dogtertjie dalk kan oorleef omdat ’n ander dokter hopelik kan help voordat sy haar stryd teen die kanker verloor.

“Die moontlikheid van haar dood is steeds ’n groot werklikheid, maar ons het weer ’n sprankie hoop,” skryf sy.

Volgens haar is sy baie trots is op haar dogtertjie se krag om aan te hou baklei.

Braylynn veg om haar lewe nadat breinkanker by haar gediagnoseer is. Foto: Facebook: Ally Parker

Die gesin is einde verlede jaar in ’n krisis gedompel toe die aggressiewe breinkanker by Braylynn gediagnoseer is. ’n Maand gelede het sy nog sorgeloos uitgesien na die Desember-vakansie, berig USA Today.

Sondag het die familie die ergste verwag en by haar hospitaalbed van haar begin afskeid neem.

Einde verlede jaar het Braylynn nog uitgesien na die Desember-vakansie.Foto: Facebook: Ally Parker

Parker het op dié dag geskryf: “Vandag is die dag . . . Dis nie iets wat met enigiemand moet gebeur nie”.

Daarmee saam het sy die foto van haar pa langs die hospitaalbed op Facebook gedeel.


Meer oor:  Florida  |  Sosiale Media  |  Foto  |  Wêreld  |  Gesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.