Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Frankryk: 9 ondervra ná onnie onthoof is

’n Onderwyser is helder oordag op straat in die Franse hoofstad, Parys, onthoof.

Die polisie het die moordenaar kort daarna doodgeskiet.

Die Franse polisie het reeds nege mense aangekeer wat nou ondervra word in verband met die mesmoord Vrydag.

Die geskiedenisonderwyser Samuel Paty (47) het vroeër vandeesmaand tekeninge van die profeet Mohammed aan leerlinge gewys as deel van ’n les oor vryheid van spraak. Daar word geglo dit het tot die moord gelei. Hy het glo doodsdreigemente gekry.

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk praat voor ’n skool in die woonbuurt Conflans-Sainte-Honorine in die noordweste van Parys waar ’n geskiedenisonderwyser onthoof is. Foto: AP
Macron praat met die Franse minister van onderwys, Jean-Michel Blanquer, by die toneel waar die onderwyser vermoor is. Foto: Reuters

Luidens die Franse media was die moordenaar ’n 18-jarige van die Chechen-omgewing.

Die moord het in die Paryse woonbuurt Conflans-Sainte-Honorine gebeur.

Die polisie wil nou vasstel of nog mense by die daad betrokke was.

Blykbaar was verskeie van die leerlinge in sy klas se ouers kwaad omdat hy die tekeninge van die profeet vir die klas gewys het.

Reuters


Meer oor:  Samuel Paty  |  Parys  |  Frankryk  |  Moord  |  Terreur In Europa  |  Onthoof  |  Onderwyser
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.