Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Franse burgers se dood in Niger bekyk
Die ses Franse burgers is saam met hul motorbestuurder en toergids in die natuurreservaat doodgeskiet. Foto: Reuters

Die ses Franse burgers wat saam met hul toergids en bestuurder in ’n reservaat in Niger doodgeskiet is, was hulpwerkers.

“Die ses Franse burgers was werkers verbonde aan nie-regeringsorganisasies. Ons is nog besig met ’n ondersoek,” het Issoufou Katambe, Niger se minister van verdediging, aan Reuters gesê

BBC berig op foto’s wat deur die BBC gesien is, is die lyke van die slagoffers op ’n grondpad langs ’n 4x4-voertuig gevind. Die voertuig was uitgebrand.

Dit is nog nie duidelik wie vir die aanval verantwoordelik is nie, maar jihadistiese groepe raak al hoe meer aktief in Niger, berig BBC verder.

Netwerk24 het vroeër berig die groep was Sondag in ’n reservaat vir kameelperde in die Kouré-gebied toe hulle deur gewapende mans op motorfietse afgemaai is, het Tidjani Ibrahim Katiella, goewerneur van die Tillabéri-gebied gesê.

Die reservaat is sowat 65 km suidoos van die hoofstad, Niamey. Ekstremiste met Isis-bande het in Oktober 2017 vier Amerikaanse soldate in ’n lokval in die land gelei en doodgeskiet.

Die voorval het tot ál meer Amerikaanse teen-terrorisme-operasies in die gebied gelei. Frankryk het in Junie ’n koalisie met sy bondgenote in Wes-Afrika en Europa gevorm om teen Islamitiese ekstremiste in die Sahel-sone, wat Niger insluit, te veg.

Die Franse regering het mense gewaarsku om nie te reis na dele in Niger waar militêre groepe, waaronder Boko Haram, bedrywig is nie.


Meer oor:  Niger  |  Wildreservaat  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.