Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Franse en Britte in vis-twis

Frankryk het twee patrolliebote na die eiland Jersey in die Engelse Kanaal gestuur nadat Brittanje vroeër twee van sy vlootskepe daar ontplooi het te midde van ’n erger wordende rusie oor post-Brexit-visvangregte.

Die Europese Kommissie het gevra vir kalmte nadat ongeveer twee dosyn Franse vissersbote ook vroeër die dag Jersey se grootste hawe binnegevaar en aangedring het op ’n vergadering met die eiland se owerhede.

Die Franse regering is kwaad nadat Jersey nuwe visvangpermitte uitgereik het wat volgens Paryse owerhede ’n onregverdige beperking plaas op Franse visserskuite se toegang tot die viswaters om die eilande in die Engelse Kanaal – ’n groot twispunt sedert Brittanje weggebreek het uit die Europese Unie (EU).

’n Franse minister het gedreig om kragtoevoer na Jersey te ontwrig, waarna Brittanje twee vlootskepe daarheen gestuur het.

Die Franse vloot het gister gesê hy het in opdrag van burgerlike owerhede twee patrollievaartuie in die gebied ontplooi. ’n Amptenaar van die Franse presidensie het gesê dié stap “dui op ons kommer en frustrasie en is ’n beroep om ooreenkomste wat bereik is toe Brittanje die EU verlaat het reg toe te pas”.

Volgens hom is die teenwoordigheid van beide lande se skepe daarop gemik om konflik tussen die vissers aan weerskante van die twis te verhoed.

Die twee Franse skepe, Themis en Athos, was teen gistermiddag suidoos van die eiland, nader aan die Franse kus, terwyl die Britse skepe, die HMS Severn en HMS Tamar, sowat 20 km suid van die eiland was.

’n Klein vloot Franse visser­skuite het vroeër die dag die hawe by St. Helier binnegevaar. Een van die bote het reg voor die Commodore Goodwill vasgemeer en sodoende dié veerboot verhoed om die hawe te verlaat.

Jersey se regeringsamptenare meen die nuwe visvangregulasies strook met die bepalings van die Brexit-ooreenkoms, maar hulle sal nietemin afgevaardigdes van die gegriefde vissers te woord staan.

Jersey is ’n selfregerende eiland en hoewel dit nie deel is van die Verenigde Koninkryk nie, is Brittanje verantwoordelik vir die eiland se beskerming.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.