Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Franse polisie skiet vermeende terroris dood

Die polisie in Frankryk het Vrydag ’n vermeende terroris wat drie mense vermoor het ná ’n gyselaarsdrama by ’n winkelsentrum in Trebes doodgeskiet.

Die Evening Standard berig Redouane Ladim (25) van Marokko het vroeër die dag in Carcassonne een mens doodgeskiet en twee ander ernstig gewond.

Ladim, wat welbekend was aan die Franse intelligensiediens, het glo geskree: “Julle is besig om Sirië te bombardeer, julle gaan sterf!” Hy het ook op die vrylating van Salah Abdeslam, ’n berugte lid van die terreurgroep Isis, se vrylating aangedring.

Abdeslam is die hoofverdagte in ’n terreuraanval in Parys is 2015 waarin 130 mense dood is.

Ladim het minstens vyf skote afgevuur. Hy het daarna ’n voertuig gekaap en ’n polisieman wat op die toneel gereageer het in die skouer gewond voordat hy gevlug het.

Franse polisiemagte omring die winkelsentrum.Foto: TWITTER

Hy het sowat 15 minute later by ’n winkelsentrum in Trebes stilgehou en nog twee mense doodgeskiet, waarna die gyselaarsdrama in ’n Super U-winkel ontvou het.

IOL berig Franse polisiebeamptes in koeëlvaste baadjies het om die winkelsentrum stelling ingeneem, waarna ’n 45-jarige luitenant-kolonel in die Franse weermag homself vir een van die gyselaars uitgeruil het.

Ladim het omstreeks 12:30 Franse tyd sowat 20 gyselaars vrygelaat en handgranate uitgehaal. Die polisie het Ladim se ma en suster, wat in Carcasonne woon, na die winkelsentrum gebring om te probeer om hom te oortuig om homself oor te gee.

Franse spesiale magte het Ladim uiteindelik net na 14:00 binne die winkel doodgeskiet.

Ooggetuies het Vrydag vertel hoe hulle sowat ’n uur lank in ’n koelkamer geskuil het toe die skote begin klap het.

Die Franse president, Emmanuel Macron, sê die voorval is ’n skynbare terreuraanval.

Meer as 250 mense is reeds in Frankryk vermoor deur aanvallers wat lede van Isis was, of deur die groep geïnspireer is.











Meer oor:  Aanhouding  |  Frankryk  |  Skietdood  |  Terrorisme  |  Isis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.