Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Frankryk het nuwe premier
Jean Castex
Jean Castex, Frankryk se nuwe premier, verlaat Elysee-paleis in Parys op 19 Mei. Foto: Reuters

'n Nuwe premier is Vrydag in Frankryk aangekondig nadat Édouard Philippe die oggend sy bedanking ingedien het.

Jean Castex is aangewys as die nuwe premier.

Philippe se bedanking was wyd te wagte aangesien pres. Emmanuel Macron reeds gesê het hy wil in die oorblywende twee jaar van sy ampstermyn sy regering se agenda herfokus. Dit is gebruiklik dat die Franse premier bedank voordat ’n kabinetskommeling aangekondig word.

Édouard Philippe (links), wat as Franse premier bedank het, stap hier saam met pres. Emmanuel Macron. Foto: Reuters

Veral nadat Macron se party, La République En Marche, Sondag power in die plaaslike verkiesings gevaar het, moet hy maniere vind om die kiesers se steun voor die presidentsverkiesings in 2022 terug te wen.

Philippe kon wel herbenoem word vir die posisie as premier, maar in ’n regeringsverklaring oor sy bedanking is geen aanduiding daarvan gegee nie.

Daar was reeds sedert die middel van Junie bespiegelings oor Philippe se toekoms nadat Macron verklaar het dat hy sy presidentskap wil “herskep”.

Aangesien Macron hom nie weer aangestel het nie, kan hy moontlik in 2022 ’n mededinger van Macron in die presidentsverkiesing wees. Hy is op die oomblik gewilder by die kiesers as die president. Philippe het Sondag die burgemeestersverkiesing in Le Havre gewen. – Saamgestel uit Sky News, BBC, The Telegraph en The Daily Express

Meer oor:  Frankryk  |  Politiek  |  Premier  |  Kabinetskommeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.