Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Franse sangeres sterf op verhoog tydens optrede

’n Franse sangeres het Woensdag, net ná middernag, voor haar gehoor op die verhoog gesterf.

Barbara Weldens (35) het volgens die BBC  in 'n kerk in die dorpie Goudron in Lot, Frankryk, opgetree toe sy ineengestort het.

Barbara Weldens het gereeld kaalvoet opgetree. Foto: Skermgreep

Sy is moontlik geëlektrifiseer. Storms het glo buite die kerk gewoed waarin sy kaalvoet opgetree het, berig die BBC.

Die oorsaak van die opkomende sangeres se dood is nog nie vasgestel nie, maar ’n hartaanval word nie uitgesluit nie.

Nooddienste kon haar nie weer bybring nadat sy ineengestort het nie.

Volgens die BBC is die elektriese toerusting op die verhoog ondersoek om uit te vind wat ’n oënskynlike elektriese fout kon veroorsaak het.

Volgens die Franse nuuswebwerf, Le Depeche, het Weldens gereeld kaalvoet opgetree en het sy op die aand van haar dood ’n opnametoestel op die verhoog gedra. Christian Martinon, die organiseerder van die Léo Ferré-fees waar Weldens opgetree het, het aan Le Depeche gesê dat Weldens pas haar laaste liedjie afgesluit het toe die gehoor vir haar ’n staande ovasie gee.

“Sy het van die verhoog afgeval tot voor die toeskouers se voete,” het Martinon gesê.

“Niemand het verstaan wat gebeur het nie. Almal het gedink dis deel van die vertoning.”

Die BBC berig dat Weldens in die sirkus grootgeword het en dat haar grootste invloed die liedjieskrywer en sanger Jacques Brel was. Sy het in 2016 die eerbewys vir jong talent gewen op die Jacques Brel-fees.

Haar debuutalbum, Le Grand H de l’Homme, is op 3 Februarie vanjaar uitgereik en het positiewe resensies gekry.

Volgens Independent het die organiseerders van die Pic D’Or Prize, wat Weldens in 2016 gewen het, ’n verklaring uitgereik: “Dis met groot hartseer dat ons uitgevind het van Barbara Weldens se dood by ’n konsert in Gourdon in Lot Woensdagaand. Ons span is diep geskok deur die verlies van die kunstenaar wat nog tydens ons laaste vertoning by die Theatre des Nouveaux op 20 Mei verskyn het. Sy was ’n borrelende vrou, talentvol en vol energie, en natuurlik dink ons aan haar familie en haar geliefdes.”

Meer oor:  Verhoog  |  Sangeres  |  Franse  |  Optrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.