Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Franse skerm vir hul boekwinkels

Die Franse regering het Sondag belowe om die land se onafhanklike winkels te beskerm wat vrees hulle gaan klante aan internasionale reuse soos Amazon afstaan. Die regering probeer teenstand teen sy nuwe koronavirus-inperking onderdruk.

Frankryk en ander Europese lande wat deur ’n tweede vlaag koronavirus-infeksies getref is, het vir die tweede keer noodinperkings ingestel, wat die sluit van nienoodsaaklike winkels vir 15 dae insluit.

Daar is plek-plek weerstand teen die jongste regulasies in Frankryk.

Burgemeesters in sowat 50 stede en dorpe het plaaslike edikte uitgevaardig wat winkels toelaat om hul deure oop te hou. Anne Hidalgo, burgemeester van Parys, sê sy sal dieselfde vir boekwinkels doen.

Bruno Le Maire, Frankryk se minister van ekonomie, het Sondag gesê dié optrede is onverantwoordelik. Hy het meer as 100 miljoen belowe om klein besighede te help om aanlyn voort te gaan.

Hy het bygevoeg die regering oorweeg dit om aan te dring dat sommige gange in supermarkte met nienoodsaaklike produkte, soos speelgoed, gesluit word.

Amazon het Saterdag gesê hy gaan advertensies vir vroeë Swart Vrydag-uitverkopings in Frankryk onttrek nadat die Franse regering gesê het dis onvanpas wanneer ander kleinhandelaars sukkel.

Franse skrywers, literêre figure en uitgewers het intussen aanlyn versoekskrifte begin waarin die regering gevra word om boekwinkels toe te laat om oop te bly. – Reuters

Meer oor:  Frankryk  |  Koronavirus  |  Terreur In Europa  |  Boekwinkels  |  Tweede Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.