Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: 'Meer dosisse' nodig as die 1 mjd. wat G7 wil skenk

Die groep van sewe ryk demokrasieë (G7) wat beplan om ’n miljard dosisse entstof te skenk aan lande wat sukkel om genoeg voorraad te kry, het ’n gebrek aan ambisie, is gans te stadig en is ’n bewys dat Westerse leiers nog nie in beheer is van die ergste openbare gesondheidskrisis van die eeu nie, het kampvegters Vrydag gesê.

Reuters berig hoewel die Verenigde Nasies (VN) die stap verwelkom het, het selfs hulle aangedui dat meer gedoen moet word.

Die leiers van die G7 poseer vir ‘n groepfoto op ’n strand in Carbis Bay, Cornwall. Van links is Justin Trudeau, Kanadese premier, Charles Michel, president van die Europese Raad, pres. Joe Biden van Amerika, Josjihide Soega, Japannese premier, Boris Johnson, Britse premier, Mario Draghi, Italiaanse premier, pres. Emmanuel Macron van Frankryk, Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, en Angela Merkel, Duitse bondskanselier. Foto: AP

António Guterres, sekretaris-generaal van die VN, het gewaarsku dat indien mense in ontwikkelende lande nie ingeënt word nie, die virus verder sal muteer en weerstand sal bied teen die entstowwe.

“Ons het meer as dit nodig,” het hy van die G7-plan gesê.

“Ons benodig ’n globale inentingsplan.

“Ons moet met logika, ’n gevoel van dringendheid en met die prioriteite van ’n oorlogsekonomie optree en ons is nog ver daarvan.”

Die Amerikaanse president, Joe Biden, en Britse premier, Boris Johnson, het op die drie dae lange G7-beraad aangekondig dat hulle onderskeidelik 500 miljoen en 100 miljoen entstowwe aan die wêreld se armste lande sal skenk.

Kanada gaan hom ook na verwagting daartoe verbind om tot 100 miljoen entstowwe te skenk en ander lande gaan na verwagting dieselfde doen.

Kampvegters vir gesondheid en anti-armoede sê egter hoewel dit ’n stap in die regte rigting is, besef Westerse leiers nie die buitengewone ingrypings wat nodig is om die virus te bekamp nie.

Hulp met die verspreiding word ook benodig, het hulle gesê. – Reuters


Meer oor:  Cornwall  |  Entstowwe  |  Dosisse  |  G7
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.