Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
G7-leiers ontmoet koningin Elizabeth

Koningin Elizabeth het Vrydag pres. Joe Biden van Amerika ontmoet tydens die drie lange dae beraad waarin die groep van sewe ryk demokrasieë (G7) byeenkom.

Die 95-jarige monarg is deur haar seun prins Charles, sy vrou, Camilla, hertogin van Cornwall, en kleinseun prins William en sy vrou, Catherine, hertogin van Cambridge, vergesel.

Dit was hul eerste openbare geleentheid saam sedert die begrafnisdiens van prins Phillip in April vanjaar.

Die onthaal wat deur die monarg aangebied is, is by die Eden-projek, ’n tropiese reënwoud-bioom, gehou.

koningin elizabeth
Die amptelike foto wat Vrydagaand van koningin Elizabeth en die G7-leierskap geneem is. Foto: Reuters

Terwyl die koningin vir ’n foto saam met die wêreldleiers geposeer het, het sy grappenderwys gesê: “Is julle veronderstel om te lyk asof julle julle geniet?” en ’n laggery veroorsaak.

”Ja,” het die Britse premier, Boris Johnson, geantwoord.

“Ons geniet ons, ten spyte van ons voorkoms.”

Dit was ook die eerste geleentheid vir die koningin om pres. Biden te ontmoet. Hy is die 13de Amerikaanse president in haar rekord-69 jaar van heerskappy.

“Joe en ek sien daarna uit om die koningin te ontmoet,” het Jill, Biden se vrou, Donderdag gesê.

“Dit is ’n opwindende deel van die besoek vir ons.”

Die egpaar sal na verwagting Sondag tee saam met die monarg by Windsor-kasteel drink nadat die beraad geëindig het.


Meer oor:  Joe Biden  |  Brittanje  |  Koningin  |  Beraad  |  Leiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.