Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Gaga aan Pence: ‘Jy is die swakste Christen!’

Die popster en aktrise Lady Gaga het Saterdagaand haar optrede in Los Angeles gestop om eers die Amerikaanse adjunkpresident oor sy vrou kort te vat.

Lady Gaga saam met die jazz-musikant Tony Bennett tydens haar optrede in die Park-teater in Las Vegas, Amerika. Foto: Getty Images

Die “Born this Way”-sanger het reageer op onlangse nuusopskrifte oor Pence wat Karen, sy vrou, se nuwe werk verdedig, berig Vanity Fair.

Karen het onlangs ’n pos by die Immanuel Christian School in Virginia aanvaar. Dié skool laat nie Lede van die lesbiese, gay, biseksuele en transgender- (LGBT) gemeenskap toe om die skool by te woon nie.

Die Oscar-benoemde sangeres en aktrise het harde woorde vir die adjunkpresident en sy vrou gehad.

“Jy is die swakste verteenwoordiging van wat dit beteken om ’n Christen te wees,” het sy van agter die klavier op die verhoog in die Park-teater in Las Vegas gesê.

In ’n video-opname wat ’n konsertganger gemaak het, het Gaga eers haar optrede gestaak om pres. Donald Trump uit te daag om die regering se gedeeltelike sluiting te beëindig en die polisiemag se betaling te herstel.

“En aan Mike Pence, wat dink dis aanvaarbaar dat sy vrou werk by ’n skool wat LGBT verban – jy is verkeerd.

“Jy sê ons moenie teen Christene diskrimineer nie? Jy is die swakste verteenwoordiging van wat dit beteken om ’n Christen te wees.”

Gaga het gesê sy is self ’n Christen-vrou, en dít wat sy weet van Christenskap is dat hulle geen vooroordele het nie en dat almal welkom is, berig People

“So jy kan al daardie skaamte vat, mnr. Pence, en jy kan in die spieël kyk en jy sal dit daar vind.”

Gaga het vermoedelik verwys na Pence wat sy vrou se deeltydse pos by Immanuel Christian verdedig het.

Karen Pence het volgens Vanity Fair nog geen amptelike verklaring oor Gaga se opmerking uitgereik nie.

Sy het ook nog nie voorheen haar oortuigings oor gay-wees gedeel nie.

Haar man het egter geskryf dat hy kritiek op sy vrou se werk “hoogs aanstootlik” vind.

Hy het bygevoeg kritiek teen Christelike opvoeding in Amerika moet einde kry.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.