Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Gasa-konflik: Nog Hamas-bevelvoerders, kinders dood

Gasa-militante het tot vroeg Donderdagoggend vuurpyle op Israel afgevuur, wat oornag die dodetal in Israel tot sewe opgestoot het.

In Gasa is 69 Palestyne, wat 16 kinders insluit, reeds dood, berig AP. Meer as 390 mense is ook in Gasa beseer.

Al Jazeera berig Hamas, die Palestynse militante groep in Gasa, het bevestig die stad se bevelvoerder, Bassem Issa, is Woensdag gedurende ’n lugaanval dood.

Hamas erken Issa is saam met verskeie senior lede van die groep dood, terwyl Israel se weermag aanvoer dat 14 militante van Hamas, wat tien lede van hul topbestuur insluit, in Woensdag se aanval dood is. ’n Woordvoerder vir Israel se weermag het gesê Hamas se dodetal is ook heelwat hoër as wat hy erken en meen sowat 30 militante is reeds dood.

Israel se weermag het reeds verskeie geboue gebombardeer. Dit sluit in hoë residensiële geboue, ’n gebou wat media-verteenwoordigers huisves en ’n bank wat volgens Israel verbind word met Hamas se aktiwiteite, berig Reuters.

Volgens die BBC het die weermag aangevoer sowat 1 500 vuurpyle is die afgelope drie dae op Israel afgevuur. Dit is ongeveer ’n derde van die getal wat gedurende die verwoestende 50-dag-oorlog tussen die twee groepe in 2014 afgevuur is.

Palestyne ontruim Woensdag die woonstelgebou wat deur Israeli-lugaanvalle getref is in Gasa-stad. Foto: Reuters

Vandeesweek se dodelike aanvalle volg nadat Palestynse families gedurende uitsettings in Jerusalem met Israelse polisie gebots het en gevegte by die Al-Aksa-moskee uitgebreek het. Hamas het in reaksie Maandag mortiere op Jerusalem afgevuur, waarna Israel begin terugslaan het.

’n Uitgebrande voertuig staan Woensdag in die stad Lod in Israel, nadat geweld tussen Israeliese Arabiere en die polisie uitgebreek het. Foto: Reuters

Israel het intussen voorgeneem om vol te hou met aanvalle nadat Hamas vroeg Donderdagoggend sy vuurpyle op Tel Aviv, Israel se grootste metropolitaanse gebied, afgevuur het. Geen sterftes is weens die vroegoggend-aanval op Israel aangemeld nie, maar dit het sirenes laat loei so ver as Nahalal, 100 km van Gasa, wat duisende Israeliese inwoners geforseer het om skuiling te soek.

Amerika sê hy sal ook binnekort ’n afgevaardigde, Hady Amr, adjunk-assistent-minister van buitelandse sake, na die streek stuur om met Israelse en Palestynse leiers te vergader.

Pres. Joe Biden van Amerika het reeds Woensdag sy hoop uitgespreek dat die konflik binnekort tot ’n einde sal kom.

Die ouers van ’n Palestynse man, Abdulsalam Al-Ghazali, wat in die geweld dood is Woensdag op sy begrafnis in Gasa-stad. Foto: Reuters

Meer oor:  Palestina  |  Israel  |  Gasa-Konflik
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.