Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Gay pa mag nie babas huis toe vat

’n Namibiese argitek is met sy pasgebore tweelingdogtertjies in Suid-Afrika gestrand omdat sy land se minister van binnelandse sake weier dat die babas daarheen kom. ’n Surrogaatma het op 13 Maart in Durban geboorte geskenk aan dr. Phillip Lühl en sy man, dr. Guillermo Delgado, se tweeling.

Dr. Phillip Lühl
Dr. Guillermo Delgado Foto’s: Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie

The Namibian berig Lühl kon nie reisdokumente vir die tweeling kry om hulle huis toe te neem nie. Hy het op 26 Maart ’n dringende hofaansoek in Windhoek laat aanhoor om noodreisdokumente vir die babas te bekom. Die hof lewer na verwagting op 19 April uitspraak.

Die babas het Suid-Afrikaanse geboortesertifikate waarop Lühl en sy Meksikaans-gebore man as ouers aangetoon word, het die koerant berig.

Voor Lühl Suid-Afrika toe gekom het vir die geboorte, het sy prokureur per brief aan die Namibiese staatsprokureur noodreisdokumente vir die kinders versoek sodat hulle na Namibië kan gaan.

Die twee pa’s is ook in twee ander hofstryde met die staat gewikkel: Delgado probeer permanente verblyfreg kry en hy en Lühl probeer om Namibiese burgerskap vir hul tweejarige seuntjie te bekom.

Die babas moet 'Namibiese DNS' hê.

Die minister van binnelandse sake, Frans Kapofi, wou nie reisdokumente vir die babas uitreik voordat daar ’n uitslag in die saak oor die seuntjie is nie. Kapofi het in ’n eedsverklaring voor die hooggeregshof geweier om te aanvaar Lühl is die tweeling se biologiese pa. Hy het gesê ’n vaderskaptoets sal dit moet bewys. Die babas moet “Namibiese DNS” hê, het hy aan The Namibian gesê.

Uno Katjipuka-Sibolile, Lühl se prokureur, het aan die hof gesê Lühl se regte as ’n Namibiër sluit in om ’n gesin te hê, om na sy land terug te keer en die reg op waardigheid en gelykheid. Hoewel Kapofi sê sy weiering van reisdokumente het niks te doen daarmee dat Lühl in ’n gay verhouding is nie, word daar duidelik op grond daarvan teen hom en die kinders gediskrimineer, het sy gesê.

Volgens die minister is die babas se Suid-Afrikaanse geboortesertifikate nie as eg bewys nie.

Die pa’s is ses jaar gelede in Suid-Afrika getroud. Lühl het op 21 Maart in ’n videoboodskap op Facebook gesê: “Vir baie lede van die LGBTQ-gemeenskap klink die woorde vryheid en gelykheid ná 30 jaar van onafhanklikheid steeds leeg.” – Saamgestel deur Jeanne-Marié Versluis

Meer oor:  Phillip Lühl  |  Guillermo Delgado  |  Namibië  |  Windhoek  |  Namibie  |  Reisdokumente  |  Surrogaatma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.