Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Gay seks: Jy word nou gestenig in Broenei

Gay seks en egbreuk is voortaan in Broenei strafbaar met steniging.

Dié nuwe wetgewing sluit ook nuwe strafmaatreëls in soos die afkap van ’n hand as jy steel, berig die BBC.

“Ek wil hê dat Islamitiese onderrig in hierdie land sterker word,” het sultan Hassanal Bolkiah, die regeringshoof in Broenei, Woensdag gesê.

Kragtens die nuwe wet sal mense net skuldig bevind word aan gay seks indien hulle dit erken of indien “vier getuies die daad sien”.

Homoseksualiteit was tot dusver strafbaar met tien jaar tronkstraf.

Sultan Hassanal Bolkiah, die regeringshoof in Broenei.Foto:

Broenei se klein LGBT-gemeenskap het hul skok en ontsteltenis oor die nuwe wet uitgespreek, berig The Guardian. Die hele Shariawet is van Woensdag af in Broenei van krag.

Die Verenigde Nasies (VN) het die wet as “wreed en onmenslik” bestempel. Joe Biden, voormalige adjunkpresident van Amerika en moontlik ’n presidensiële kandidaat vir die volgende verkiesing, het dit sterk veroordeel, en so ook die aktrise Jamie Lee Curtis.

George Clooney en Elton John het gevra vir ’n boikot van hotels wat aan Broenei behoort.

Die ministers van buitelandse sake van Duitsland, Frankryk en Australië het ’n beroep op Broenei gedoen om die wet te skrap.

Die sultan toon egter geen teken dat hy van plan wil verander nie. Hy het gesê hy wil Moslems vra om gebede in alle openbare plekke te laat opklink, nie net in moskees nie, om mense aan hul plig volgens Islam te herinner.

“Enigiemand wat ons land besoek, sal ’n soete ervaring hê en die veiligheid en harmonieuse omgewing geniet,” het hy gesê.

“Dis regtig vreesaanjaend,” het ’n jong gay man telefonies aan CNN gesê. “Die wette is onmenslik. Dit is baie aggressiewe straf. Dis nie iets waaronder ’n mens moet ly net omdat jy homoseksueel is nie.”

Zian, ’n transgender vrou, het verlede jaar uit Broenei gevlug en doen nou aansoek om asiel in Kanada.

“Ek wou leef as ’n vrou. Ek wou leef sonder religieuse fundamentalisme en konserwatisme en het daarom gevlug. Onder Shariawette sou ek beboet word, met ’n rottang geslaan en in die tronk gegooi word.”

Zian sê almal word geraak. “Dit gaan vir almal sleg wees om daar te woon, nie net vir LGBT-mense nie.”

Kragtens die nuwe wet is egbreuk onder heteroseksuele mense ook strafbaar met steniging.





MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.