Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Gebou waar Hitler gebore is, word nou polisiekantoor

Die gebou in Oostenryk waar Adolf Hitler in 1889 gebore is, gaan nou in ’n polisiekantoor omskep word.

Wolfgang Peschorn, dié land se minister van binnelandse sake, het die aankondiging Dinsdag gedoen ná ’n jare lange debat oor hoe om te keer dat die gebou een van die neo-Nazi’s se heiligdomme word.

Al beheer die regering die eiendom sedert 2016, was die lot daarvan onseker tydens ’n uitgerekte regstryd met die familie van Gerlinde Pommer, wat die gebou vir byna ’n eeu besit het, berig The Guardian.

Die hof het vanjaar beslis Pommer moet €810 000 vir die gebou betaal word, en hoewel sy meer wou hê, is die bedrag meer as wat die regering aanvanklik aangebied het.

Adolf Hitler Foto: Argief

Luidens Peschorn se verklaring sal “die gebou se toekomstige gebruik deur die polisie ’n ondubbelsinnige boodskap uitstuur dat dié gebou nooit weer die gedagte aan Nazisme sal oproep nie”.

Reuters berig argitekte van lande van oor die Europese Unie heen sal genooi word om vandeesmaand planne vir die verbouings in te dien, waarna ’n paneel van kenners en openbare amptenare die wenontwerp volgende jaar sal kies.

Pommer het volgens The Guardian die eiendom van 800 m² sedert die 1970’s aan die ministerie van binnelandse sake verhuur. Die regering het €4 800 se huurgeld per maand betaal en dit as ’n sentrum vir gestremdes gebruik. Volgens die BBC het die regering dit gehuur om verregse toerismebelangstelling in die gebou te voorkom.

Die huurooreenkoms is tot niet toe Pommer in 2011 geweier het om noodsaaklike instandhoudingswerk te doen of die gebou te verkoop. Sedertien staan dit leeg.

In ’n stadium wou die ministerie hê die gebou moet gesloop word, maar dit het sterk teenkanting van politici en geskiedkundiges ontlok.

Hoewel Hitler volgens die BBC net die eerste weke ná sy geboorte op 20 April 1889 in ’n woonstel in dié eeue oue gebou gewoon het, lok dit steeds Nazi-simpatiseerders van oor die wêreld heen. Betogers teen fascisme betoog jaarliks op Hitler se geboortedag voor die gebou.

Reuters berig Oostenryk het vir dekades lank gesê hy was die eerste slagoffer van Duitse nasionalisme omdat Duitsland, onder die bewind van Hitler, Oostenryk eerste in 1938 binnegeval en geannekseer het.

Meer onlangse regerings het egter erken dat Oostenrykers ook skuldig is aan Nazi-misdade en dat daar min teenstand teen Hitler was.




MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.