Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Gedig wat migrante met rotte vergelyk ontstel

’n Gedig deur ’n regse politikus in Oostenryk is veroordeel en rassisties genoem omdat hy daarin migrante met rotte vergelyk.

Christian Schilcher, onderburgemeester van Braunau am Inn en lid van die verregse Vryheidsparty (FPÖ) wat deel is van Oostenryk se regerende koalisie, se gedig oor migrasie – “Die stadsrot” – is onder meer walglik genoem.

Austrian Foreign Minister and chairman of the Aust
Sebastian Kurz. Foto: Alex Halada/AFP via Getty Images

“Net soos ons hier lewe, so moet ander rotte ook,” lui die gedig wat die migrante dan aansê: “deel ons manier van lewe of gee haastig pad”. Dit lui ook as jy kulture meng “is dit asof jy hulle vernietig”.

Schilcher het om verskoning gevra omdat hy die “geskiedkundig gelaaide” vergelyking tussen rotte en mense geïgnoreer het, berig die BBC.

“Ek wou eenvoudig net die veranderinge beskryf vanuit die perspektief van ’n dier wat die stad van onder beskou. Veranderinge wat ek en ander heeltemal tereg kritiseer,” het Schilcher luidens Politico.eu gesê.

Hy wou “uitlok”, maar nie mense “beledig of seermaak” nie, sê Schilcher.

Sebastian Kurz, Oostenryk se kanselier, het die gedig verfoeilik, walglik en erg rassisties genoem.

Die gedig is oor die Paasnaweek in ’n koerant van die FPÖ in Braunau am Inn (Adolf Hitler se geboortedorp) gepubliseer, volgens die Oostenrykse koerant Der Standard, berig Politico.eu.

Heinz-Christian Strache, FPÖ-leier en die land se visekanselier, skryf op Facebook: “Die huidige beroering en veldtog teen die FPÖ dui daarop dat ons politieke teenstanders besonder senuweeagtig is reg voor die Europese verkiesing.”

Pamela Rendi-Wagner, leier van die sentraal-linkse Sosiale Demokratiese Party (SPÖ), sê dié soort vergelykings was “gebruiklik in Nazi-propaganda”, berig euronews.com.

Meer oor:  Politiek  |  Wêreld  |  Migrante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.