Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Geen keer aan jongste ebola-epidemie in DRK

Die ebola-epidemie versprei soos ’n veldbrand onder mense in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK).

“Die skrikwekkende afmetings wat die jongste ebola- uitbreking in die DRK se noordelike Kivu-provinsie aangeneem het, is ’n groot bron van kommer,” het John Johnson, projekkoördineerder van Dokters Sonder Grense (MSF), gesê.

’n Gesondheidswerker wag om ’n ebola-pasiënt by ’n gesondheidsentrum in die DRK te behandel. Foto: John Wessels

Mense wat die virus opdoen, ervaar aanvanklik simptome soos koors, keelseer, spierpyn en hoofpyn. Erger simptome soos naarheid, braking en diarree volg, terwyl die werking van die lewer en niere intussen afneem wat tot bloeding lei. Ebola word deur kontak met die bloed of liggaamsvloeistof van ’n besmette dier opgedoen.

Volgens Johnson loop die stad Butembo en ander moeilik bereikbare gebiede die ergste onder die epidemie deur. “Ondanks medici se beste pogings om die siekte op grondvlak onder beheer te kry is 440 mense sover met die virus besmet, van wie 255 reeds dood is,” sê Johnson.

Dit is die DRK se tiende en ergste epidemie sedert die dodelike ebola-virus die eerste keer in 1976 naby die Ebolarivier, wat toe as Zaïre bekend gestaan het, aangemeld is.

Nie net inwoners van Butembo word deur die virus geraak nie, maar ook inwoners van Kalenguta, 25 km noord, en Katwa, wat 30 km oos geleë is. “Ons doen werklik ons bes om dié uitbreking onder beheer te bring. Ons het besluit om ons aktiwiteite na die gebiede wat die ergste geraak word te neem sodat ons mense in die gemeenskap kan oplei om pasiënte en hul families vinniger te bereik,” sê Johnson.

Intussen is gesondheidswerkers ingeënt en gesondheidsentrums ontsmet om te keer dat die epidemie versprei. Volgens Johnson is sowat 2 000 gesondheidswerkers teen die virus ingeënt.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.