Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Geen orrrrrrrrrde meer in Britse parlement

Die Britse laerhuis sal van nou af sonder die bekende “orrrrrrrrrrrrde” van John Bercow, voormalige speaker, moet klaarkom nadat hy ná tien jaar in dié pos bedank het.

Bercow, wat gereeld orde in die parlement op ’n unieke manier probeer handhaaf het, het bedank nadat hy daarvan beskuldig is dat hy die regering se Brexit-plan probeer kelder.

Lindsay Hoyle van die amptelike opposisieparty is Maandag as die nuwe speaker van die Britse laerhuis aangewys en sal sodanig as skeidsregter moet optree wanneer die Brexit-besprekings weer voortgaan.

Hoyle is sedert 2010 die adjunkspeaker en is deur LP’s as die nuwe speaker aangewys nadat hulle vier rondes van stemmery ondergaan het.

John Bercow het as speaker bedank nadat hy die pos vir tien jaar beklee het. Foto: Reuters
Lindsay Hoyle is die nuwe speaker van die Britse laerhuis. Foto: Reuters

Brexit is vir tyd en wyl uitgestel nadat die Britse laerhuis ingestem het om ’n vroeë algemene verkiesing in Desember te hou.

Dit sal die eerste algemene verkiesing oor die Kerstyd sedert 1923 wees.

Boris Johnson, Britse premier, het vir dié algemene verkiesing gevra nadat Brexit wéér uitgestel is.

Die Britte moes die Europese Unie (EU) aanvanklik 29 Maart vanjaar verlaat, maar die EU het vir hulle uitstel tot 31 Oktober gegee.

Brexit is egter weer tot 31 Januarie 2020 uitgestel omdat die Britse laerhuis ontevrede was met Johnson se tydrooster vir Brexit. - Reuters

Meer oor:  Boris Johnson  |  Lindsay Hoyle  |  John Bercow  |  Brittanje  |  Eu  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.