Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Gemaskerde aanvallers brand los op konsertgangers

Twee mense is dood en minstens 20 gewond toe gemaskerde aanvallers Sondag op ’n skare buite ’n konsert in die Amerikaanse deelstaat Florida losgebrand het.

Drie mense het uit ’n wit sportnutsvoertuig gespring en met aanvalsgewere op mense buite die El Mula-banketsaal naby Hialeah in Miami-Dade geskiet.

“Ek is op die toneel van nog ’n doelgerigte en lafhartige daad van wapengeweld,” het Alfredo Ramirez, direkteur van die Miami-Dade-polisie, op Twitter geskryf.

“Dit is koelbloedige moordenaars wat sonder onderskeid op ’n skare losgebrand het.”

Vriende en familielede van gewondes bid buite ’n hospitaal. Foto: Miami Herald

Die plaaslike koerant, die Miami Herald, berig dat 20 gewondes na hospitale in die omgewing gebring is. Volgens CBS4 Miami was minstens een gewonde in ’n kritieke toestand.

Niemand is teen Sondagaand in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Angelica Green, van Miramar, het aan verslaggewers gesê haar seun en neef, albei 24, het pas by die geleentheid opgedaag toe die skote klap. Albei is getref en na die Jackson Memorial Hospital in Miami gebring.

Sy het aan Local 10 News gesê haar seun het haar gebel en gesê dat hy gewond is.

“Hy het gesê dat ouens met ski-maskers en kappies op die skare begin skiet het,” het Green gesê.

Ron De Santis, goewerneur van Florida, het gesê die polisie soek onverpoos na die aanvallers.

Volgens ’n verslag deur die Gun Violence Archive, ’n navorsingsgroep sonder winsbejag, is minstens 200 massaskietvoorvalle in die eerste 132 dae van die jaar aangemeld. – Reuters


Meer oor:  Florida  |  Amerika  |  Konsert  |  Skietvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.