Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Gemeenskappe in sentraal VSA steeds ontruim weens vloede

’n Rekordhoeveelheid reën het die afgelope twee weke uitgesak oor die sentrale dele van Amerika.

Te midde van die reën word gemeenskappe in Oklahoma, Kansas, Arkansas, Missouri, Illinois en ook dele van Nebraska en Iowa gevra om hul wonings te ontruim en skuiling te soek op hoërliggende grond.

Volgens Oklahoma se departement van gesondheid is ses mense dood weens die vloede.

Die hele gebied het swaar reën en tornado’s beleef, wat rekordvloede teweeg gebring het.

Inwoners van Oklahoma en Arkansas is Woensdag gewaarsku teen nog swaar reën en gevra om hulle op die ergste voor te berei.

Ingenieurs van die Amerikaanse weermag het reeds oortollige water uit die Keystonedam gelaat om te keer dat die dam oorstroom.

In Kansas het tornado’s Dinsdag talle huise beskadig en bome ontwortel.

Een persoon in Ohio is dood en talle is beseer toe geboue inmekaar getuimel het.

Meer oor:  Amerika  |  Vloede  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.