Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Genadedood: ‘Ode to Joy’ toe wetenskaplike (104) sterf

’n 104-jarige Australiese wetenskaplike wat geveg het om genadedood in sy tuisland wettig te maak, het sy lewe by ’n Switserse kliniek beëindig, het ’n verteenwoordiger van Exit International gesê.

Exit International is ’n groep wat genadedood steun.

David Goodall. Foto: Getty Images

David Goodall, ’n gerespekteerde plantkundige en ekoloog, is Donderdag in die Life Circle-kliniek in Basel dood nadat hy vir homself ’n dodelike middel onder toesig van dokters toegedien het, berig CNN.

Exit International, wat die wetenskaplike verteenwoordig het, het gesê Goodall is dood terwyl hy na Beethoven se “Ode to Joy” geluister het.

Dié oupa van 12 kleinkinders het skenkings van meer as $20 000 (sowat R245 000) van die publiek ontvang om te help met die finansiering van sy reis van Perth, Australië, na Europa vroeër vandeesmaand.

Goodall het twee dae voor sy dood gesê hy het sy lewe die afgelope tien jaar nie meer geniet nie.

Hy sê hy sou verkies het om dood te gaan toe hy sy bestuurslisensie in 1998 kwyt is, en het bygevoeg dat die verlies van onafhanklikheid op 84 ’n groot keerpunt in sy lewe was.

Hy was sy laaste jare in ’n rolstoel en het ’n loopraam gebruik. “Op my ouderdom staan ek soggens op en eet ontbyt. Dan sit ek net tot middagete. Dan eet ek middagete en sit net. Wat is die nut daarvan?”

Meer oor:  Genadedood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.